Wednesday, 13 November 2013

Misverstand

Jannie se ma vra vir hom om sy Pa te bel en te vra hoe laat hy huis toe kom van golf af.

Jannie bel en sê agterna vir sy Ma: "Daar's 'n vrou wat sê hy kannie nou praat nie!"

Later kom Pappa by die huis en Mamma gee hom 'n moerse klap.

Pappa vra heel verbaas: "Wat de hel was dit voor?"

Mamma sê vir Jannie: "Sê presies vir jou Pa wat die vrou gesê het toe jy gebel het!"

Jannie: "THE SUBSCRIBER YOU HAVE DIALED IS NOT AVAILABLE AT PRESENT - PLEASE TRY AGAIN LATER."

No comments:

Post a Comment