Sunday, 24 November 2013

Meraai word gedoop

Die pastoor druk Meraai 3 keer onder die water en na die derde keer sê die Pastoor: "Jy's nou gedoop en van vandag af is jy 'n nuwe skepsel.. die ou ene is weg.”

“Geen alkohol meer oor jou lippe nie! So van vandag af is jy Martie!"

Later toe Meraai (nou Martie) by die huis kom, is sy reguit yskas toe. Sy haal 'n bottel yskoue wyn uit.

Sy tap die wasbak vol water en druk die bottel drie keer onder die water en sê: "Djy is nou Oros!"

No comments:

Post a Comment