Thursday, 14 November 2013

Maak mooi vir die dominee

Een koue wintersoggend is die tante doenig in die tuin, met langbroek onder die rok, toe die predikant voor die deur stilhou.

Sy draf vinnig die huis binne en sê vir die huishulp: "Die maruti (predikant) is hier. Sê vir hom ek gaan gou-gou die broek uittrek. Ek kom nou."

Haar lippe rooi gemaak, hare gekam en langbroek uitgetrek kom sy in die sitkamer, maar dominee is nie daar nie.

Sy vra die huishulp waar hy is, en dié sê: "Ek het hom gasê djy gaan jou broek uittrek. Hy sê for my hy gaan gou die bybel by die kar bêre!"

No comments:

Post a Comment