Sunday, 10 November 2013

Laat die windjie waai

'n Bejaarde dame staan en wag vir haar vriendin en skielik waai 'n sterk wind haar rok in die lig op. Sy gryp na haar hoed en hou dit met al twee hande vas.

Die predikant kom verby gestap, kyk vinnig na haar en sê ontsteld: "Skaam jou dame, los die hoed en hou jou rok af."

Sy kyk hom vererg aan en antwoord: "Alles daar onder is 70 jaar oud. Hierdie hoed is splinternuut."

No comments:

Post a Comment