Wednesday, 20 November 2013

Knertsie vir die skok

Koos gooi die gholfkarretjie om na 'n lang dag op die gholfbaan. 'n Vrou wat daar naby speel, sien dit en hardloop nader om te help.

"Het u seer gekry meneer?" vra sy.

"Nee, net groot geskrik", sê Koos.

"My huis is hier naby, kom saam met my dan gee ek jou 'n knertsie vir die skok", sê die vrou.

"Jong, ek weet nie so mooi nie, my vrou sal dit niks laaik dat ek alleen na 'n ander vrou se huis gaan nie", sê Koos.

Maar die vrou is baie mooi, en baie oortuigend, en hy besluit maar om saam met haar te gaan. Na 'n heerlike ete, gesels en 'n gawe paar drankies, sê Koos dat hy nou rêrig moet gaan, want sy vrou weet nie waar hy is nie en sy sal dit niks laaik nie.

"Nou kom ek gaan saam met jou terug gholfbaan toe, dan help ek jou die karretjie optel," sê sy. "En moenie worry nie, jou vrou weet nie waar jy was en wat jy gedoen het nie. Waar is jou vrou anyway?"

"Onder die gholfkarretjie", sê Koos.

No comments:

Post a Comment