Saturday, 2 November 2013

Grawe gate

Twee werkers is besig om te werk langs die pad, een grawe 'n gat en die ander een gooi hom toe. Drie kilometer verder doen hul dieselfde.

Aan die ander kant van die pad is 'n ou besig om hul dop te hou al vir die afgelope 2 ure! Later besluit hy om hul te gaan vra wat hul maak!

Hy se: "Luister ek weet nie eintlik wat jul besig is om te doen nie. Ek hou jul al vir 2 ure dop."

Die een werker sê: "Ons plant bome meneer."

Hy sê: "Hoe de koek! Jy grawe dan 'n gat en die ander dom man gooi hom toe!"

Die werker sê: "Ja meneer die ander ou wat die boom moet in sit is af siek."

No comments:

Post a Comment