Saturday, 16 November 2013

Ek sny self die gras

Ek het die afgelope vakansie 'n heel interessante episode beleef...

Nadat ons terug was by die huis, het my tuinhulp van baie jare ook toe so drie weke verlof gekry. Dit het natuurlik beteken dat ek self weer agter die grassnyer moes inskuif.

Die Saterdagoggend was ek in my oudste PT-broek en T-shirt besig om die gras op die sypaadjie voor ons huis te sny en ek was haastig en wou die job ordentlik en gou afgehandel kry. Ek was nie lus om vir 'n nuwe voornemende tuinhulp te verduidelik hoe die gras gesny moes word nie.

Maar soos dit maar altyd gaan: As jy niemand nodig het nie, dan daag al die hulp in die wêreld op. Elkeen wil weet of hy nie 'n piece-job vir die dag kan kry nie.

Toe die vierde een opdaag en hande in die sakke staan en vra vir 'n piece-job, toe verloop die gesprek omtrent soos volg:

Hy: "Ekke ken hom die sny van die gras, ek soek hom die job."

Ek: "Sorry man, ek bly nie hier nie, ek werk net vir die mense wat hier binne bly."

Hy: "HAU, die mense hulle employ 'n whitey by die tuin."

Ek: "Ja, en hulle gee nie eens kos by lunchtime nie."

Einde van die storie was dat hy sy pakkie Kent-sigarette uithaal en my een aanbied. Ek vat toe een en hy steek hom vir my aan. Ek vat so drie trekke, nip die outjie en sit die stompie agter my oor.

So met die wegstap hoor ek sy laaste woorde: "Die ANC het aaalles kom opf#k!"

No comments:

Post a Comment