Friday, 29 November 2013

Mooi drink!

Koos loop verby die riool plaas en sien iemand skep ’n hand vol water uit die kanaal an drink dit.

Geskok skree Koos “Haai, jy kan nie van daai water drink nie, daar is kak in!”

Die man antwoord: “I’m Julius Malema, I don't understand you Boer language, I demand you speak english!”

Koos antwoord: “I said you must use both hands!”

Thursday, 28 November 2013

Wat is 'n poep?

Wat is n poep?

Dis 'n please call me van Maagland oppad na Holland om die mense van Poepieskloof te waarsku dat Koning drol met 'n kak spoed oppad is!

Wednesday, 27 November 2013

Justin en Pinnochio

Wat het Justin Bieber en Pinnochio in gemeen?

Al twee wil regte seuntjies wees!

Juffrou en die getalle

Juffrou vra vir klas: "Gee my enige getal?"

Sannie: "23 Juffrou."

Juffrou skryf 32 op die bord. "Volgende nommer!"

Bettie: "34 Juffrou."

Juffrou skryf 43 op die bord.

"Nog asseblief?", vra juffrou.

Jannie steek sy hand op en sê: "11 Juffrou, en ek wil sien hoe f#k juffrou hom op!"

Tuesday, 26 November 2013

Klein Koos kyk TV

Klein Koos kom uit die tv-kamer gehardloop: "Pappa wat is love juice?"

Koos Senior dink hier kom dit nou, en vertel vir klein Koos net daar en dan alles wat hy weet van seks.

Klein Koos sit net daar met sy mond wat oophang.

Koos Senior: "Wat het jy gekyk op T.V?"

Klein Koos: "Wimbledon pa."

Adam en Eva loer

Adam en Eva loer so onder mekaar se blare in.

Adam sê vir Eva: "Ek sien jy verjaar, die koek is klaar gesny."

Eva sê vir Adam: "Ek sien jou pere is vrot, daar hang 'n wurm."

Monday, 25 November 2013

Jannie slaap oor

Jannie kom by Pieter aan om net een aand daar te slaap. Pieter sê hy kan of in die garage slaap of saam met baba slaap.

Jannie sê hy is nie lus vir 'n baba nie en hy sal eerder in die garage slaap.

Die volgende oggend berei daar 'n baie mooi meisie die ontbyt voor en Jannie vra wat is haar naam.

Sy antwoord: "BABA"

Sunday, 24 November 2013

Meraai word gedoop

Die pastoor druk Meraai 3 keer onder die water en na die derde keer sê die Pastoor: "Jy's nou gedoop en van vandag af is jy 'n nuwe skepsel.. die ou ene is weg.”

“Geen alkohol meer oor jou lippe nie! So van vandag af is jy Martie!"

Later toe Meraai (nou Martie) by die huis kom, is sy reguit yskas toe. Sy haal 'n bottel yskoue wyn uit.

Sy tap die wasbak vol water en druk die bottel drie keer onder die water en sê: "Djy is nou Oros!"

Saturday, 23 November 2013

G-string skreeu op Bloomer

Daar is chaos in PEP, twee panties baklei.

G-String skreeu op Bloomer: ''Jou outydse ou teef !''

Bloomer skreeu: ''Ek mag 'n outydse teef wees, maar ek laat my deur niemand se gat trek nie!"

Friday, 22 November 2013

Jannie doen Wiskunde

Jannie kom by die huis en sê vir sy pa sy Wiskunde onderwyseres vir hom detensie gegee het. Sy pa wil toe weet hoekom.

Jannie: "Sy het vir my gevra wat 3 plus 4 is, ek sê toe 7..."

Pa: "En toe kry jy detensie??"

Jannie: "Nee, sy vra toe daarna, wat is 4+3..."

Pa: "Dis dan dieselfde f*kken ding!!!?"

Jannie: "Dis wat ek gesê het!"

Thursday, 21 November 2013

My ma is oorlede

Die blond kom huilend by die werk aan en haar baas vra haar wat is fout.

"My ma is oorlede", sê die blond snikkend.

Die baas sê sy kan die res van die dag afkry, want hulle is nie baie besig nie.

Sy sê toe nee, sy bly liewer by die werk.

Later loer die baas in en sy huil histeries erg. Hy vra toe: "En nou?"

Sy sê: "My suster het gebel. Sy se haar ma is ook dood!"

Wednesday, 20 November 2013

Knertsie vir die skok

Koos gooi die gholfkarretjie om na 'n lang dag op die gholfbaan. 'n Vrou wat daar naby speel, sien dit en hardloop nader om te help.

"Het u seer gekry meneer?" vra sy.

"Nee, net groot geskrik", sê Koos.

"My huis is hier naby, kom saam met my dan gee ek jou 'n knertsie vir die skok", sê die vrou.

"Jong, ek weet nie so mooi nie, my vrou sal dit niks laaik dat ek alleen na 'n ander vrou se huis gaan nie", sê Koos.

Maar die vrou is baie mooi, en baie oortuigend, en hy besluit maar om saam met haar te gaan. Na 'n heerlike ete, gesels en 'n gawe paar drankies, sê Koos dat hy nou rêrig moet gaan, want sy vrou weet nie waar hy is nie en sy sal dit niks laaik nie.

"Nou kom ek gaan saam met jou terug gholfbaan toe, dan help ek jou die karretjie optel," sê sy. "En moenie worry nie, jou vrou weet nie waar jy was en wat jy gedoen het nie. Waar is jou vrou anyway?"

"Onder die gholfkarretjie", sê Koos.

Sielkunde

'n Man gaan kuier saam met sy pêlle. Sy vrou is woedend. So een uur die oggend klop hy aan die deur en vra dat sy vrou moet oopmaak, hy wil inkom.

Vrou: "Voetsek tot waar jy vandaan kom en loop vrek daar! Jy sit nie jou pote in hierdie huis nie!"

Man: "Nee my liefie, ek's nie hier om te slaap nie, ek soek net my kredietkaart in my kas om nog verder te gaan kuier, dis 'n moerse lekker party".

Die vrou ruk die deur oop en gryp hom aan sy hemp, "Jou GAT! Jy kom NOU in hierdie huis in en klim in die bed!"

Tuesday, 19 November 2013

Gatiep en die polisie

Polisie: "Knock knock!"

Gatiep: "Wie's daar?"

Polisie: "Dis die POLISIE!"

Gatiep: "Wat soek jy?"

Polisie: "Ons wil net gou met jou praat!"

Gatiep: "Hoeveel is julle?"

Polisie: "Ons is twee!"

Gatiep: "Praat dan met mekaar!"

Jou pa het hom vir my gegee!

Die dogtertjie spring eendag op haar ma se maag.

"Moenie op my maag spring nie daar is 'n babetjie in".

Die dogtertjie vra toe waar het sy hom gekry. Die ma onthou toe dat sy nie mag jok vir die kind nie.

"Jou pa het hom vir my gegee".

Baie boos loop sy toe die kamer uit en wag haar pa in. Toe hy tuis kom, maak sy die deur vir hom oop en sê: "Ek hoor pa het vir ma 'n babetjie gegee".

Hy antwoord toe "Ja ek het."

Sy sê toe vir hom: "Wel moet nie weer vir haar 'n babetjie gee nie, want sy sluk hom in!"

Monday, 18 November 2013

Lewenslesse

'n Voeltjie stap eendag tussen 'n trop beeste rond & een kak op sy kop. Die voeltjie spartel tot sy kop uitsteek & begin vreeslik skree. 'n Valk pyl op hom af & raap hom op & gaan vreet hom op in die naaste bos.

3 belangrike lesse uit die verhaal:

  1. As jy in die kak is, hou liewer jou bek.
  2. Almal wat op jou kop kak is nie jou vyande nie.
  3. Nie almal wat jou uit die kak help is jou vriende nie

Saturday, 16 November 2013

Ek sny self die gras

Ek het die afgelope vakansie 'n heel interessante episode beleef...

Nadat ons terug was by die huis, het my tuinhulp van baie jare ook toe so drie weke verlof gekry. Dit het natuurlik beteken dat ek self weer agter die grassnyer moes inskuif.

Die Saterdagoggend was ek in my oudste PT-broek en T-shirt besig om die gras op die sypaadjie voor ons huis te sny en ek was haastig en wou die job ordentlik en gou afgehandel kry. Ek was nie lus om vir 'n nuwe voornemende tuinhulp te verduidelik hoe die gras gesny moes word nie.

Maar soos dit maar altyd gaan: As jy niemand nodig het nie, dan daag al die hulp in die wêreld op. Elkeen wil weet of hy nie 'n piece-job vir die dag kan kry nie.

Toe die vierde een opdaag en hande in die sakke staan en vra vir 'n piece-job, toe verloop die gesprek omtrent soos volg:

Hy: "Ekke ken hom die sny van die gras, ek soek hom die job."

Ek: "Sorry man, ek bly nie hier nie, ek werk net vir die mense wat hier binne bly."

Hy: "HAU, die mense hulle employ 'n whitey by die tuin."

Ek: "Ja, en hulle gee nie eens kos by lunchtime nie."

Einde van die storie was dat hy sy pakkie Kent-sigarette uithaal en my een aanbied. Ek vat toe een en hy steek hom vir my aan. Ek vat so drie trekke, nip die outjie en sit die stompie agter my oor.

So met die wegstap hoor ek sy laaste woorde: "Die ANC het aaalles kom opf#k!"

Friday, 15 November 2013

Rus en vrede

Dokter: "Mevrou, jou man het rus en vrede nodig. Hier is slaappille daarvoor."

Vrou: "Wanneer gee ek dit vir hom?"

Dokter: "Nee mevrou, dis vir jou, sodat hy kan rus en vrede kry!"

Thursday, 14 November 2013

Maak mooi vir die dominee

Een koue wintersoggend is die tante doenig in die tuin, met langbroek onder die rok, toe die predikant voor die deur stilhou.

Sy draf vinnig die huis binne en sê vir die huishulp: "Die maruti (predikant) is hier. Sê vir hom ek gaan gou-gou die broek uittrek. Ek kom nou."

Haar lippe rooi gemaak, hare gekam en langbroek uitgetrek kom sy in die sitkamer, maar dominee is nie daar nie.

Sy vra die huishulp waar hy is, en dié sê: "Ek het hom gasê djy gaan jou broek uittrek. Hy sê for my hy gaan gou die bybel by die kar bêre!"

Wednesday, 13 November 2013

Blonde Oefeninge

Die man kom by die huis en kry sy blonde vrou bewusteloos voor die televisie. Na ‘n groot gesukkel kry hy haar uiteindelik by.

“Wat het gebeur?”, vra hy.

“Ek was besig om aërobiese oefeninge voor die TV te doen. Die instrukteur het gesê: ‘asem in, asem uit …’,
En toe gaan die krag af!”

Misverstand

Jannie se ma vra vir hom om sy Pa te bel en te vra hoe laat hy huis toe kom van golf af.

Jannie bel en sê agterna vir sy Ma: "Daar's 'n vrou wat sê hy kannie nou praat nie!"

Later kom Pappa by die huis en Mamma gee hom 'n moerse klap.

Pappa vra heel verbaas: "Wat de hel was dit voor?"

Mamma sê vir Jannie: "Sê presies vir jou Pa wat die vrou gesê het toe jy gebel het!"

Jannie: "THE SUBSCRIBER YOU HAVE DIALED IS NOT AVAILABLE AT PRESENT - PLEASE TRY AGAIN LATER."

Tuesday, 12 November 2013

Man se vrou raak siek

Man vat sy siek vrou dokter toe.

Na die ondersoek sê die dokter vir die man: "Ons het hier met 'n baie lelike ding te doen."

Man sê: "Ek weet Dok, maar sy is regtig goed vir die kinders."

Monday, 11 November 2013

Blond met 'n molplaag

Die blondine gaan koöperasie toe om raad te vra oor 'n molplaag in haar tuin.

Die verkoopsman gee haar gif en sê: "Druk dit in die mol se gat en jou probleme sal opgelos wees."

Die blondine dink so 'n ruk na en vra dan: "Dink jy die mol sal stil sit?"

Sunday, 10 November 2013

Laat die windjie waai

'n Bejaarde dame staan en wag vir haar vriendin en skielik waai 'n sterk wind haar rok in die lig op. Sy gryp na haar hoed en hou dit met al twee hande vas.

Die predikant kom verby gestap, kyk vinnig na haar en sê ontsteld: "Skaam jou dame, los die hoed en hou jou rok af."

Sy kyk hom vererg aan en antwoord: "Alles daar onder is 70 jaar oud. Hierdie hoed is splinternuut."

Saturday, 9 November 2013

Ou dikkes

Een oggend klap Gatiep Meraai se boude en sê: "Ou dikkes, as jy dié so bietjie stywer kan kry, kan ons maar goodbye sê vir daai bloomer."

Die volgende oggend knyp hy haar boops en sê: "Ou dikkes, as jy dié so bietjie stywer kry, kan ons maar goodbye sê vir daai bra."

Die oggend daarna sê sy vir Gatiep: "Ou slappes, as jy die dingetjie van jou so bietjie stywer kan kry, kan ons maar goodbye sê vir die posman, die plumber en die mechanic!"

Friday, 8 November 2013

Julius by 'n kunsuitstalling

Julius Malema is by 'n kunsuitstalling, hy kyk lank na iets teen die muur en roep die dame nader om dit aan hom te verduidelik.

Hy vra: "Het witmense die k@k geskilder?"

Sy antwoord: "Nee meneer ... dis 'n spieel."

Thursday, 7 November 2013

Drie Brakpanners gaan hel toe

Drie Brakpanners gaan hel toe.

Die duiwel sê vir hulle: "Ek gaan julle piepies verwyder volgens watter werk julle pa's gedoen het op aarde."

Eerste ou se pa was 'n houtkapper en die duiwel kap syne met 'n byl af. Tweede ou se pa was 'n welder, die duiwel brand syne met 'n cutting torch af.

Derde ou lag kliphard en die duiwel vra hom "Hoekom lag jy? Is jy nie bang nie? Ek't nou een afgekap en die ander een afgebrand."

Die derde ou sê: "My pa het suig-sweets verkoop, so begin suig my bra!".

Gatiep tel 'n wallet op

Gatiep bel in na die radiostasie en sê: "Ek het 'n wallet in die trein opgetel met R20 000 daarin; 'n bankkaart met die pin daarop geskryf en 'n ID-Kaart, dit sê Piet Matthews."

Die omroeper vra: "Nou wil jy die items terug besorg?"

Gatiep vra: "Is jy bef#k? Ek wil net 'n song dedicate 'You Saved Me' van R Kelly!"

Wednesday, 6 November 2013

Eet sewe suurlemoene

Non: "Vader ek't gesondig. Ek was hele nag by 'n man."

Priester: "Eet 7 suurlemoene!"

Non: "Sal dit my reinig?"

Priester: "Nee, maar dit sal daai smile van jou gesig afhaal!"

Tuesday, 5 November 2013

Sipho is laat vir werk

Sipho kom laat by die werk.

Baas vra: "Hoekom is jy laat?"

"Nee meneer ane aunty het 'n R100 viloor by die taxirank!"

Baas:"Ooh...en jy't haar help soek?"

"Nee meneer, ek het op die R100 gestaan tot sy loop!"

Monday, 4 November 2013

Hou op suip

Vrou: "Wil jy nie maar ophou suip nie?"

Kallie: "Okay as jy ophou make-up gebruik."

Vrou: "Maar ek gebruik dit sodat ek kan mooi lyk vir jou."

Kallie: "Nou! Ek suip ook sodat jy kan mooi lyk vir my!"

Sunday, 3 November 2013

Brief van onnie

Brief van onnie aan ouer:
Geliefde ouer, Sipho ruik nie lekker nie, probeer asseblief om hom bietjie te bad.

Brief van ouer aan onnie:
Geliefde onnie, Sipho is nie blom nie. Moenie hom ruik, leer hom bietjie.

Saturday, 2 November 2013

Grawe gate

Twee werkers is besig om te werk langs die pad, een grawe 'n gat en die ander een gooi hom toe. Drie kilometer verder doen hul dieselfde.

Aan die ander kant van die pad is 'n ou besig om hul dop te hou al vir die afgelope 2 ure! Later besluit hy om hul te gaan vra wat hul maak!

Hy se: "Luister ek weet nie eintlik wat jul besig is om te doen nie. Ek hou jul al vir 2 ure dop."

Die een werker sê: "Ons plant bome meneer."

Hy sê: "Hoe de koek! Jy grawe dan 'n gat en die ander dom man gooi hom toe!"

Die werker sê: "Ja meneer die ander ou wat die boom moet in sit is af siek."

Friday, 1 November 2013

Tiener raak pregnant

'n Sewentienjarige girl tune haar ma sy't haar period gemis. Vir twee maande al. Mamma freak bietjie uit en hulle bekom 'n pregnancy test. Positief. Huilende en skreeuende vereis die ma dat die meisie reveal wie dit aan haar gedoen het.

Die girl bel iemand. Twintig minute later pull 'n Ferarri in. 'n Ouer dude in 'n Armani suit klim uit. Hy kom in en gaan sit in die voorhuis saam met die ouers.

"Dag," sê hy. "Julle dogter het my van die probleem in kennis gestel. Ek kan nie met haar trou nie vanweë my persoonlike situasie maar ek kan dit regstel. Ek sal alle kostes betaal en vir julle dogter sorg vir die res van haar lewe."

"As dit 'n dogter is, kry sy twee besighede, 'n townhouse, 'n villa by die see en 'n R2 miljoen rand bankrekening."

"As dit 'n seun is, kry hy 'n paar fabrieke en R4 miljoen in die bank."

"Vir 'n tweeling gee ek elkeen 'n fabriek en R2 miljoen."

"Net een probleem. Wat dink julle moet ek doen as daar 'n miskraam
is?"

Op die punt breek die pa sy stilte, "dan spyker jy haar weer, boetie!"