Tuesday, 22 October 2013

Ons was so arm!

Ons was so arm...

My pa het ons Vrydae-aande KFC toe gevat om ander mense se vingers af te lek!

Party aande as ons gaaan aansit by die tafel, dan het my ma vir ons uit die “Kook-en-Geniet” gelees!

As ek nie ‘n seuntjie was nie, het ek niks gehad om mee te speel nie!

My pa het saans vir ons spookstories uit sy tjekboek gelees!

Ons moes elke dag my Pa se ou Ford bottelstoor toe stoot, omdat ons nie genoeg petrol gehad het om die empties te gaan ingee nie!

My ma het Vaseline om ons monde gesmeer, sodat die bure moes dink ons eet ook skaap-tjops.

Pa het ons saans in die donker in die tuin laat kak, sodat die bure moes dink ons het honde!

Ons het anti-freeze gedrink, want daar was nie geld vir truie nie!

No comments:

Post a Comment