Monday, 7 October 2013

Jaap se tou

"Buurman, ek het ‘n ou probleempie. Een van my trekkers sit al weer vas daar onder in die vlei. Kan ek daai dik tou van jou leen om hom daar uit te sleep.”

“Ek kan jou nie daai tou leen nie.”, antwoord Jaap kortaf. “My koring is met daai tou vasgebind.”

“Buurman! Hoe bind mens koring met ‘n tou vas?”

Jaap gee so ‘n kyk voor hy antwoord: “Ek kan énigiets met daai tou vasbind as ek dit nie wil uitleen nie.”

No comments:

Post a Comment