Thursday, 31 October 2013

Alzheimer verkeersman

Brakpan oom wat verkeersman was, kry Alzheimer en gaan ouetehuis toe. Daar reël hy die verkeer van rystoele en looprame in die gange.

Een oggend vergeet hy om sy broek aan te trek en hy stop die tannie in die rystoel.

Toe sy voor hom stop kyk sy so in sy "Meneer" vas: "Ag Vader, moet ons nou vanmore nog in die pypie ook blaas."

Wednesday, 30 October 2013

Tannie trou alweer

Tannie van 80 trou vir die vierde keer met 'n begrafnisondernemer. Die koerant doen 'n storie daaroor en vra haar oor haar vorige huwelike.

Sy vertel op 20 trou sy met 'n bankbestuurder, op 40 met 'n sirkus ringmeester en op 60 met 'n pastoor en nou op 80 met begrafnisondernemer.

Die koerantman vra so ewe hoekom.

Sy sê: "1 for the money, 2 for the show, 3 to get ready and 4 to go."

Tuesday, 29 October 2013

'n Present vir sy nooi

'n Jongman, wat graag ‘n verjaardagpresent vir sy nooi wou koop, het sy suster saamgeneem om hom te help om die regte present te koop.

Sy kies toe ‘n paar handskoene wat hy vir sy meisie koop.

Die suster koop toe vir haarself ‘n paar broekies.

Die meisie in die winkel maak toe ‘n foutjie. Sy ruil die twee pakkies per abuis om. Die suster kry toe die handskoene, en die arme ou, kry die broekies wat hy gaan pos met die briefie wat as volg lees:

Liefste Gertruitjie,

Ek stuur vir jou die brief en die presentjie, om jou te wys dat ek nie jou verjaarsdag vergeet het nie. Ek het gedink jy sal daarvan hou, want ek het gesien jy trek nooit sulke goed aan as ons uitgaan nie, en dit is nou koud in die aande. 

Ek het die dame in die winkel dit laat aanpas, en sy lyk baie mooi daarmee. Sy het my ‘n paar gewys wat sy al twee jaar dra en dit makeer nog steeds niks. Ek wou eers die langes koop, maar my suster sê die kortes is beter, want dit is makliker om ‘n vinger in te kry. Ek wens ek kon dit die eerste keer vir jou aantrek. 

Truitjie, die meisie in die winkel sê, as jy dit uittrek, moet jy altyd bietjie daarin blaas, want dit sal ‘n bietjie klam wees van die sweet, en dit mag later onaangenaam ruik. Sy sê, sy gooi altyd bietjie lyfpoeier in hare wanneer sy dit uittrek. 

Ek hoop jy sal daarvan hou. 

Met liefde,
Fanie

Monday, 28 October 2013

Skilder my, seblief

'n Ou tannie gaan om haar portret te skilder. Sy sê aan die ou wat skilder: "Sal jy my met 'n diamant halsnoer, diamant oorbelle en 'n rolex horlosie aan skilder."

Die man is uit die veld geslaan en sê: "Maar tannie, hoekom? Jy het dit dan nie aan nie."

Sy antwoord: "Ja, ek weet, maar jy sien, dis net ingeval ek voor my man sterf en hy trou weer, dan wil ek hê daai vrou moet haar malle moer af soek na die juwele!"

Sunday, 27 October 2013

Kallie se vrou

In 'n kroeg in Springs is Mike so effens besorg oor sy vriend Kallie.

"Kallie, hoekom lyk jy so af?", vra Mike.

Kallie: "Dis my vrou, sy wil hê ek moet begin betaal vir seks."

Mike: "Ag nee kak met dit, sy charge ons ander ouens dan niks!"

Saturday, 26 October 2013

Meisies en vrouens

Wat is die verskil tussen Meisies / Vrouens in die ouderdomsgroep : 8, 18, 28, 38, 48, 58, 68, 78 ?

8 - Jy vat haar bed toe en vertel vir haar 'n storie.
18 - Jy vertel haar 'n storie en vat haar bed toe.
28 - Jy hoef haar nie 'n storie te vertel om haar bed toe te vat nie.
38 - Sy vertel vir jou 'n storie en vat jou bed toe.
48 - Sy vertel jou 'n storie om die bed te vermy.
58 - Jy bly in die bed om haar storie te vermy.
68 - Om haar bed toe te vat is 'n storie.
78 - Watse storie? Watse bed? Wie is jy?

Friday, 25 October 2013

Gatiep en die boemelaar

Gatiep stop by 'n boemelaar wat langs die pad sit en dagga rook.

Gatiep: "Verskoon tog, wat is die vinnigste manier om by Loftus uit te kom?"

Boemelaar: "Ry jy of loop jy?"

Gatiep: "Ek ry."

Boemelaar: "Ja... ry is die vinnigste manier."

Thursday, 24 October 2013

Ou tannie word 80

Ou tannie word 80 en die dominee vra vir haar: "Wat was merkwaardig in tannie se lewe?"

Tannie antwoord: "Dominee weet, op 20 het die dokter gesê, trek uit al jou klere!"

"Op 40 sê die dokter, trek net jou bloesie uit!"

"Op 80, sê die dokter staan daar en steek net jou tong uit!"

Wednesday, 23 October 2013

Drie boetie boesmans

Drie boetie boesmans loop in woestyn! Die leeu kom agter bos uit!

Oudste sê: "Klie klom klak."

Middelste sê: "Klie klom gloot klak."

Kleinste sê: "Klaar geklak."

Tuesday, 22 October 2013

Ons was so arm!

Ons was so arm...

My pa het ons Vrydae-aande KFC toe gevat om ander mense se vingers af te lek!

Party aande as ons gaaan aansit by die tafel, dan het my ma vir ons uit die “Kook-en-Geniet” gelees!

As ek nie ‘n seuntjie was nie, het ek niks gehad om mee te speel nie!

My pa het saans vir ons spookstories uit sy tjekboek gelees!

Ons moes elke dag my Pa se ou Ford bottelstoor toe stoot, omdat ons nie genoeg petrol gehad het om die empties te gaan ingee nie!

My ma het Vaseline om ons monde gesmeer, sodat die bure moes dink ons eet ook skaap-tjops.

Pa het ons saans in die donker in die tuin laat kak, sodat die bure moes dink ons het honde!

Ons het anti-freeze gedrink, want daar was nie geld vir truie nie!

Monday, 21 October 2013

Durban en Hollywood

Wat is die verskil tussen Durban en Hollywood?

In Durban lê jy op die sand en kyk na die sterre en in Hollywood lê jy op die sterre en kyk na die sand.

ANC Katjies

Dogtertjie met pasgebore katjies sit op sypaadjie. Jacob Zuma kom verby en vra watse katjies is dit. Sy sê dit is ANC katjies.

Volgende dag is hy terug met 'n hele TV span en vra haar weer watse katjies is dit. Sy sê dit is DA katjies. Hy sê maar gister was dit dan ANC katjies! Sy sê toe, maar vandag het hulle ogies oopgegaan.

Sunday, 20 October 2013

Push ups

Dronk boemelaar kom in 'n parkie af op 'n ou in 'n sweetpak wat push-ups doen.

"Eksjkuus meneer, die een wat jy probeer sjpyker is weg!"

Saturday, 19 October 2013

Blond se pen

Baas tel 'n pen in die gang op en vra sy blonde sekretaresse of dit dalk haar pen is.

Sy vat die pen, skryf n paar woorde daarmee en sê: "Ja dis myne."

Baas vra: "Hoe weet jy dit?"

Blond: "Want dis my handskrif."

Friday, 18 October 2013

Drie ou susters woon in een huis

Drie susters 92, 94 en 96 woon saam in een huis.

Die 92 jarige tap vir haar 'n bad water, toe sy haar voet insit, vra sy: "Was ek besig om in te klim of uit te klim?"

Die 94 jarige sê: "Wag, ek kom nou op, dan sal ek jou sê."

Maar toe sy opgaan met die trappe, steek sy in haar spore vas: "Was ek besig om op te gaan of af te kom?"

Die 96 jarige sê: "Ai, ek's so bly ek is nie so vergeetagtig soos julle nie. Touch wood," en sy klop op die tafel. "Ek sal julle nou kom help, ek wil net eers gaan kyk wie klop aan die deur!"

Thursday, 17 October 2013

Blond in die kroeg

Blond sit in die kroeg. Twee ouens kom in en sit weerskante van haar.

Een sê vir die kroegman: "Johnny Walker, single."

Ander een sê: "Jack Daniels, single."

Blond haak af: "Ansie Steenkamp, geskei!"

Wednesday, 16 October 2013

Rooikappie sien vir wolf

Rooikappie stap deur die bos oppad na ouma toe. Sy sien wolf se ore uitsteek bokant n bossie.

"Ek sien jou!", skreeu sy.

Wolf hardloop verder die pad af.

Na 'n ent se loop sien sy weer wolf se ore. "Ek sien jou!", sê sy.

So hou dit aan en na die vyfde keer spring wolf op: "Ag f#kit Rooikappie, wat de hel gaan aan met jou? Kan ek nie eers in vrede kak nie!?”

Tuesday, 15 October 2013

Hoe legendes begin

Hoe legendes begin:

In Engeland – Once upon a time...

In Amerika – Long, long ago...

In Suid Afrika – Onthou jy daai aand toe ons so gesuip was...

Monday, 14 October 2013

Ouma ry fiets

Ouma maak reg om met die fiets weg te ry.

Vra klein Sannie: “Waarheen gaan jy?”

“Begrafplaas toe, my kind.”

“En wie bring die fiets weer terug?”

Sunday, 13 October 2013

Armoede in Brakpan

Wat is die top punt van armmoede in Brakpan?

As jou ma "polony en kaas" op jou brood skryf met 'n kokie.

Saturday, 12 October 2013

Brakpanners se grootste stede

Wat is twee grootste stede waarvan Brakpanners al ooit gehoor het?

Liquor City en Baby City.

Friday, 11 October 2013

Sipho soek job

Sipho apply vir job: “Ek soek werk, ek wil hard werk, ek soek min geld, ek strike nie, en ek gaan ook nie elke maand na my ouma se funeral.”

Die boer antwoord: “Ek het 'n goeie pos vir jou, ± R50,000.00 per maand, 2 trips per jaar oorsee, 13de tjek en ‘n 4 x 4 D/Cab.”

Sipho: “Jy lieg vir my!”

Die boer: “Ja, maar jy’t eerste begin kak praat."

Thursday, 10 October 2013

Julius gaan uit vir drinks

Julius Malema gaan uit vir drinks saam met 'n paar van sy ANC maatjies.

Na 'n paar uur se gesuip, vra Malema vir die bill.

Die bill lys die volgende:
"Malema: R400.00
Cele: R250.00
Mbalula: R450.00
Vavi: R200.00
Total: R1,300.00"

Julius Malema kyk na die bill en sê vir die waiter: "Haikona! Ek sal vir almal betaal, maar Total moet sy eie bill betaal, ek het hom nie invite nie!"

Wednesday, 9 October 2013

Blondines buite die bar

Hoekom staan 17 blondines buite die bar?

Want die bordjie sê: "18 and above"

Tuesday, 8 October 2013

Geld vir sigarette, asseblief!

Vanoggend by Pick 'n Pay, kom 'n klein seuntjie, seker so agt of nege jaar oud na my toe & vra: "Askuus tog oom, maar het oom dalk vir my geld vir sigarette, asseblief?"

Ek was stom geslaan! Verbaas! Ek het nie geweet kinders van daai ouderdom het nog sulke mooi maniere nie.

Monday, 7 October 2013

Jaap se tou

"Buurman, ek het ‘n ou probleempie. Een van my trekkers sit al weer vas daar onder in die vlei. Kan ek daai dik tou van jou leen om hom daar uit te sleep.”

“Ek kan jou nie daai tou leen nie.”, antwoord Jaap kortaf. “My koring is met daai tou vasgebind.”

“Buurman! Hoe bind mens koring met ‘n tou vas?”

Jaap gee so ‘n kyk voor hy antwoord: “Ek kan énigiets met daai tou vasbind as ek dit nie wil uitleen nie.”

Sunday, 6 October 2013

Is dit al jou kinders?

'n Man sit op 'n vliegtuig met 6 kinders.

'n Vrou in die ry oorkant buig oor en vra: "Meneer, is dit al jou kinders dié?"

Die man sê toe: "Nee, ek werk vir 'n kondoom maatskappy, dis almal 'Customer Complaints'."

Saturday, 5 October 2013

Gatiep word gefire

Gatiep word gefire by die Fish & Chips Shop en sy pel vra hom hoekom.

Hy sê: "Ek het my tottie in die potato peeler gedruk!"

Pel: "Is jou tottie okay?”

“Ja,” sê Gatiep.

Pel: “En die potato peeler?”

Gatiep: "Nee jong, sy's ook gefire.”

Friday, 4 October 2013

Tipies Kaapse Coloured

Man in Michell's Plain stuur sy vrou om te gat shopping.

Sy kom terug met 3 kiste bier, 2 bokse brandewyn, 1 boks vodka, 1 kis Coke en 2 brode.

Hy kyk haar so en vra: "Jis, kry ons dan visitors???"

"Nee, hoekom?", vra sy.

"Nou vir wat koop jy dan so baie brood."

Thursday, 3 October 2013

Die pil, ouma!

Klein Sannie wat 5 word verjaar. Ouma vra wat wil sy hê vir haar verjaarsdag.

"Die Pil Ouma".

Ouma kry amper 'n hartaanval en vra geskok: "Hoekom?"

Sannie: "Ek het nou 10 poppe, genoeg is genoeg."

Wednesday, 2 October 2013

Laat my soos 'n vrou voel

'n Vliegtuig is besig om te val en 'n vrou spring kierts regop en ruk al haar klere af en sê: "As ek moet doodgaan, wil ek ten minste voel soos 'n vrou."

Sy vra toe: "Is hier iemand wat mans genoeg is om my soos 'n vrou te laat voel?"

'n Man staan op en trek sy hemp uit en sê: "Hier's 'n hemp, stryk hom."

Tuesday, 1 October 2013

Olympic

Koos kom by die huis aan met 'n pak kondome "Olympic".

Hy wys dit vir sy vrou en sê: " Liefie, kyk die kondome kom in drie verskillende kleure. Goud, silwer en brons."

Vrou: " Nou wat is so spesiaal hieraan en watter kleur dra jy vanaand?"

Koos: "Goud natuurlik."

Vrou: "Hoekom dra jy nie silwer nie? Dan kom jy vir 'n slag 2de!"