Monday, 2 September 2013

Waarskuwing! Nuwe Kriminele Aktiwiteit...

Ek het gisteraand van die kafee af geloop toe 'n onbekende man my oorompel het en op die grond vas gedruk het terwyl hy iets in my broek se sak gedruk het!

Toe hy vlug was ek bang om te kyk wat dit was, maar ek het dit versigtig uit my sak gehaal. Dit was kaartjies na die volgende Bulls game!!

Wees asseblief versigtig mense!? Hierdie mense sal enige iets doen om van hulle kaartjies ontslae te raak en jou veiligheid is nie verseker nie.

Dankie vir jou tyd, en waarsku asseblief almal op jou kontak lys!

No comments:

Post a Comment