Wednesday, 25 September 2013

Rugby en hoenders

'n Bekende rugbyspan kom by `n bekende hoenderwegneemeetplek aan. Die bestuurder van die eetplek herken die rugbyspan en bedien hulleself. Hy wil nou vir elke speler iets gee vir die posisie waarin hy speel.

Hy vra vir die eerste speler: "In watter posisie speel jy?"

En die speler sê: "Vleuel." En hy kry twee vlêrkies.

Hy vra vir die volgende een: "In watter posisie speel jy?"

Die ou sê: "Stut." En hy kry twee beentjies.

Hy vra vir die derde speler: "In watter posisie speel jy?"

En die speler sê: "Heelagter, maar ek eet nie hoender nie."

No comments:

Post a Comment