Tuesday, 17 September 2013

Fout met die vliegtuig

Die vliegtuig was oppad na die vertrekpunt op die aanloopbaan toe dit skielik tot stilstand kom, omdraai, en weer al die pad terug ry na die eindbeheergebou toe. Na 'n uur vetrek die vliegtuig toe uiteindelik. Toe hulle in die lug is en die liggie vir die veiligheidsgordels afgaan, vra 'n passasier vir die lugwaardin wat die vertraging veroorsaak het.

"Die vlieënier was bekommerd oor 'n geluid in een van die enjins", antwoord die lugwaardin, "en dit het ons 'n rukkie gevat om 'n ander vlieënier te kry!"

No comments:

Post a Comment