Monday, 30 September 2013

Die dief en die fiets

Ek het vandag 'n duur les geleer.

'n Mens moet nooit lag as 'n "dief" op 'n fiets deur 'n trein getrap word nie.

Dit kan moontlik jou fiets wees.

Sunday, 29 September 2013

Brakpan Moorde

Twee redes hoekom dit so moeilik is om 'n Brakpan moord op te los:

  1. Die DNA is alles dieselfde.
  2. Daar is geen dental rekords nie.


Blond en die roei bootjie

Blond ry oppad winkel toe en sien 'n ander blond langs die pad in 'n stuk sand in 'n roei bootjie met twee roeispane wat roei dat dit goed gaan.

Blond kyk na haar passasier in die kar en sê: "Kyk nou daai dom f@kken blond, sy is nou besig om die res van ons se name gat te maak. Jy weet, as ek nou kon swem het ek haar sommer gaan bliksem!"

Saturday, 28 September 2013

Outjie en die apteker

Outjie koop 'n kondoom by die apteker.

Apteker vra: "Vir wie is dit?"

"My meisie, maar gee my nog twee."

"Hoekom?", vra apteker.

"Sy het 'n sexy sussie en 'n hot ma!"

Die aand by die meisie se huis kom haar pa in. Outjie sak sy kop en bid amper 10 minute.

Meisie: "Ek het nie geweet jy is so gelowig nie!"

Outjie: "Ek het nie geweet jou pa is die apteker nie."

'n Vrou het my gebliksem

Vandag het 'n vrou my gebliksem.

Ek was in die hyser, toe daai volborstige vroumens by die hyser inklim. Ek kon toe help om te staar nie.

Terwyl ek nog so na haar borste staar, sê sy toe vir my "sal jy asseblief een druk". Ek het. Ek weet nie hoekom sy my gebliksem het nie.

Friday, 27 September 2013

Kyk jy vir jou vrou se gesig

Sielkundige vra: "Kyk jy vir jou vrou se gesig tydens sex?"

"Ek het een keer en sy het redelik die moer in gelyk!"

"Hoe dan so?"

"Sy't by die venster ingeloer!"

Thursday, 26 September 2013

Kan ek met oom se dogter trou?

Jong man vra om met oom se dogter te trou.

Geskok vra die oom: "Sal jy haar darm kan onderhou"

Jong man: "Oom, al moet ek aan die matras vashou, maar ek sal haar onder hou."

Wednesday, 25 September 2013

Rugby en hoenders

'n Bekende rugbyspan kom by `n bekende hoenderwegneemeetplek aan. Die bestuurder van die eetplek herken die rugbyspan en bedien hulleself. Hy wil nou vir elke speler iets gee vir die posisie waarin hy speel.

Hy vra vir die eerste speler: "In watter posisie speel jy?"

En die speler sê: "Vleuel." En hy kry twee vlêrkies.

Hy vra vir die volgende een: "In watter posisie speel jy?"

Die ou sê: "Stut." En hy kry twee beentjies.

Hy vra vir die derde speler: "In watter posisie speel jy?"

En die speler sê: "Heelagter, maar ek eet nie hoender nie."

Insekte

Juffrou leer graad 3 klas van insekte. 

Met dié steek klein Saartjie haar hand op en sê: "juffrou, ek ken 'n boom tor en hy eet die bome se blare". 

So steek klein Pietie sy hand op en sê: "ek ken 'n blom tor en hy eet blomme".

Jannie sê: " juffrou, ons het n huishoudelike tor".

"Hoe so?" vra juffrou.

"Wel juffrou, ek het nou die dag my suster hoor sê aan een van haar vriendinne dat haar vibrator vreet batterye!"

Tuesday, 24 September 2013

Maljan en die slagter

Maljan bel die slagter.

“Het jy varkpote?”

Slagter: “Ja.”

Maljan: “Het jy beestong?”

Slagter: “Ja.”

Maljan: “Het jy skaapkop?”

Slagter: “Ja.”

Maljan: “Het jy varkboud?”

Slagter: “Ja.”

Maljan: “Het jy varkore?”

Slagter: “Ja.”

Maljan: “Dan moet jy darem f@kken lelik lyk."

Saturday, 21 September 2013

Losbandig

Die 12 jarige Rooms Katolieke seuntjie gaan confess en sê vir die Priester hy het slaags geraak met 'n losbandige meisie. Die priester vra wie sy is, maar hy sê dis privaat en dat hy nie mag nie sê nie.

Die priester sê: "Was dit Mary?"

Die seuntjie sê: "nee, Priester."

"Was dit Suzy?"

"Nee."

"Was dit Sarah? vra die Piester.

"Nee."

"Was dit Maggy?"

"Nee."

"Was dit Lindie?", vra die Priester met 'n ongeduldige stem.

"Nee", antwoord die laaitie.

"Goed as jy dan nie wil praat nie skors ek jou as altar boy vir 6 maande. Kom terug as jy om vergifnis wil vra hiervoor."

Die seuntjie ontmoet sy maatjie buite en dié vra hoe dit gegaan het.

Hy sê: "Baie goed, ek het 6 maande verlof gekry en 5 warm leads!"

Friday, 20 September 2013

Smurfies

Ouma sit saam met die kinders voor die TV: "Sjoe!!, maar die Smurfies het groot geword!"

Kinders: "Ag, flippit 'seblief ouma, ons kyk Avatar!"

Thursday, 19 September 2013

Massa en gewig

Juffrou vra vir Gatiep om vir haar die verskil tussen massa en gewig te verduidelik.

"Neeiiii Juffrou," sê Gatiep "dis mos maklik".

"My pa kom nou die aand by die huis en sê vir my ma 'Jy't bietjie gewig opgetel'. My ma sê toe vir hom 'Jou massa moer'."

Wednesday, 18 September 2013

Bederf jou liefling

Ek hou nog steeds daarvan om die liefde van my lewe te bederf! As sy laat werk in die aand, dan bel sy my en sê sy is oppad! Dan tap ek lekker warm water met skuim solank in, sodat, as sy instap, sy dadelik kan begin om die skottelgoed te was.

Tuesday, 17 September 2013

Fout met die vliegtuig

Die vliegtuig was oppad na die vertrekpunt op die aanloopbaan toe dit skielik tot stilstand kom, omdraai, en weer al die pad terug ry na die eindbeheergebou toe. Na 'n uur vetrek die vliegtuig toe uiteindelik. Toe hulle in die lug is en die liggie vir die veiligheidsgordels afgaan, vra 'n passasier vir die lugwaardin wat die vertraging veroorsaak het.

"Die vlieënier was bekommerd oor 'n geluid in een van die enjins", antwoord die lugwaardin, "en dit het ons 'n rukkie gevat om 'n ander vlieënier te kry!"

Monday, 16 September 2013

'n Vrou soos die maan

Jannie: "Ek gaan eendag 'n vrou trou wat soos die maan is."

Juffou: "Hoe dan so?"

Jannie: "Sy moet saans verskyn en soggens verdwyn."

Sunday, 15 September 2013

Die blond is swanger

Blondine koop 3 swangerskapstoetse en al 3 wys positief.

Sy vee die trane af en sê: "Jissie, ek weet nie hoe ek vir 'n drieling gaan sorg nie!"

Saturday, 7 September 2013

Gatiep en sy goudvis

Ou Gatiep kom dronk by die huis aan en daar lê sy goudvissie en spartel op die mat, bek oop en toe.

"Vir 3 jaar maak ek jou tenk shkoon, 3 JAAR!", sê hy vir die vis.

En die vis se bek is oop en toe en hy spartel.

"...en vir 3 jaar gee ek jou kosh! 3 JAAR!"

En die vis spartel en sy bek gaan oop en toe.

"En vir 3 jaar ish EK jou geshelshkap, 3 BLIKSEMSE jare!!!"

En hy trap die vis: "En nou wil JY MY BYT!"

Friday, 6 September 2013

Kwaai Sweeties

Twee Mint Imperials bliksem vir Jellytot moertoe. Jy sien net suiker spat. "Hoekom help jy nie?" vra Chappie vir Smartie. "Is jy mal, die ouens is f*kken menthol! Gaan roep vir Liquorice, hy't 'n black belt".

Thursday, 5 September 2013

Gatiep en die Amerikaner

'n Amerikaanse toeris doen "white water rafting" op die Oranjerivier met Gatiep as sy toergids.

Die Amerikaner vra vir Gatiep: "Do you know psychology, methodology, biology or geology?

Gatiep antwoord: "Nei Master, never heard of that big words."

Amerikaner: "You sure don't know a lot my friend?"

Skielik kry die boot n lekkasie en begin sink.

Gatiep: "Do you know swimonology and escapology away from crocodology?"

Amerikaner: "What the hell you mean??"

Gatiep: "Well, today you going to see joumasemoerology just before you vesuiptology."

Tuesday, 3 September 2013

Die duiwel in die bar

Die ou sit lekker en suip in die bar saam met 'n ander klomp rakkers.

Die volgende oomblik loop die duiwel homself daar in om te kom kyk hoe dit met sy kinders gaan.

Die manne hol weg dat die stof draai. Een ou seil sommer onderdeur die toe deur om weg te kom. Dit is een helse kabaal soos die dronkies vervaard en verskrik vlug.

Net die een perd bly sit. Die duiwel vra hom in 'n donderdende vlamme stem: "Weet jy wie is ek?"

Die ou sê: "Ja, jy is die duiwel, the prince of darkness!"

"Nou is jy dan nie bang vir my nie?", wil die duiwel weet.

Die dronkie reken: "Vir wat sal ek nou vir jou bang wees? Ek is al 27 jaar met jou suster getroud!"

Monday, 2 September 2013

Waarskuwing! Nuwe Kriminele Aktiwiteit...

Ek het gisteraand van die kafee af geloop toe 'n onbekende man my oorompel het en op die grond vas gedruk het terwyl hy iets in my broek se sak gedruk het!

Toe hy vlug was ek bang om te kyk wat dit was, maar ek het dit versigtig uit my sak gehaal. Dit was kaartjies na die volgende Bulls game!!

Wees asseblief versigtig mense!? Hierdie mense sal enige iets doen om van hulle kaartjies ontslae te raak en jou veiligheid is nie verseker nie.

Dankie vir jou tyd, en waarsku asseblief almal op jou kontak lys!

Sunday, 1 September 2013

Onterf my, Pa!

Piet gesels met Koos: "My dogter kom mos by die sitkamer in en sê: "Pa, kanseleer asseblief my toelae. Verhuur my kamer, gooi my klere weg ,vat my TV, my stereo, my Ipad, en my skootrekenaar."

"Gee ook al my juwele vir die welsynswinkel, verkoop my nuwe kar vat my voordeursleutel en belet my die huis. Dan moet pa my ook onterf en nooit weer met my praat nie."

Koos: "Sowaar? Het sy dit presies so vir jou gesê?"

Piet: "Wel nou nie heeltemal so nie. Wat sy eintlik gesê het is: "Hallo pa, ontmoet vir Sipho..."