Jannie het elke oggend met 'n blou oog by die skool aangekom. Die juffrou het vir hom gevra hoekom sy oog blou is. Jannie se response was: "Hulle bly in ´n klein huisie en hy en sy ma en sy pa slaap in een bed. Elke aand vra sy pa vir hom, “Jannie, slaap jy al?” dan sê Jannie: “Nee, pa.” en dan slaan die pa hom en gee hom ´n blou oog.
Die Juffrou sê toe vir Jannie: “As jou pa jou weer vra, dan bly jy doodstil.”
Die volgende dag het Jannie nie ´n blou oog nie, toe sê hy vir die Juffrou dat hy stil gebly het. Maar die dag daarna het Jannie weer ´n blou oog...
Die juffrou vra toe vir Jannie: “Hoekom het jy dan weer ´n blouoog?”
Hy vertel toe vir die Juffrou: Pa het gevra: “Jannie slaap jy?”, maar toe bly ek doodstil. Pa en ma het toe gewoel in die bed. Toe vra pa vir ma: “Kom jy?” toe sê ma: “Ja… kom jy ook?” toe sê pa “ja”, toe sê ek: “Wag vir my, ek kom ook, ek wil net gou my slippertjies aantrek!”
No comments:
Post a Comment