Wednesday, 28 August 2013

Poepdronk Kallie

Die spietkop trek vir Kallie af ongeveer 02h30 in die oggend. Kallie is goed gewyn!

Spietkop: "Kallie, jy is poepdronk, en jy bestuur die tyd van die oggend. Waar is jy oppad?"

Kallie: "Ek is oppad na 'n lesing oor drankmisbruik, alkoholisme, dobbelary, en opkikkers."

Spietkop: "En wie sal nou die tyd van die oggend so 'n lesing aanbied?"

Kallie: "My vrou natuurlik!"

Brakpan Pension

Brakpan 0om aan sy vrou: "Ek het my ID verloor en moes my grys borshare wys om my old age pension te kon trek"

Ou vrou: "As jy jou broek afgetrek het kon jy disability pension ook gekry het!"

Tuesday, 27 August 2013

Brakpan dogter rook

'n Brakpan pa trap sy dogter uit omdat sy rook.

Vies sê sy: ''is dit omdat ek nog in standard 3 is?"

''Nee", antwoord hy, ''dis omdat jy borsvoed!"

Monday, 26 August 2013

Bewustelose blond

Die man kom by die huis en kry sy blonde vrou bewusteloos voor die televisie. Na 'n groot gesukkel kry hy haar uiteindelik by.

"Wat het gebeur?" vra hy.

"Ek was besig om aërobiese oefeninge voor die TV te doen. Die instrukteur het gesê: 'asem in, asem uit ...',
en toe gaan die krag af."

Geld Praat

50c-munt en R200-noot raak aan die gesels....

50c: "Yes, Maatjie, wat het van jou geword? Ek het jou lanklaas gesien!"

R200: "Nee wat, ek was maar so hier en daar. Was bietjie Mosambiek toe, was by 'n paar rugby-wedstryde, was laasweek by die skou in Windhoek, môre sal ek waarskynlik Mall toe gaan en dalk Teazers toe. Jy weet daai soort goed. Maar hoe's dinge met jou? Wat maak jy alles?"

50c: "Aag, Boeta, jy weet mos. Altyd dieselfde - dis net kerk, kerk, kerk...!!!"

Sunday, 25 August 2013

Alles loop verkeerd

Trieng Trieng!!!

“Hello baas Piet, dis Philemon, die garden boy op djou landgoed.
Ek probeer al dae lank djou innie hanne kry.”

“Hallo Philemon, wat kan ek vir jou doen? Is daar probleme?”

“Uuuum, ek bel net om te vertel die baas se papagaai is doet!”

“My papegaai! Dood? Die een wat die Nasionale kompetisie
gewen het?”

“Yebo, dis hy daai!”

“Dis nou jammer! Ek het ‘n klein fortuin op daardie voël spandeer!
Waaraan is hy dood?”

“Hy het vrot vleis ga-eet baas Piet!”

“Vrot vleis? Wie het hom donnerse vrot vleis gegee?”

“Niemand nie baas Piet. Hy het die vleis van die dooie perd ga-
eet.”

“Dooie perd? Watter dooie perd?”

“Die thoroughbred baas Piet.”

“Wat? My pryswenner perd is dood?”

“Yebo, hy is doet van al die harde werk om die waterkar te trek.”

“Is jy nou bedonnerd? Watter waterkar?”

“Die een wat ons gebruik het om die vuur dood te maak, baas
Piet!”

“Goeie moer, van watse vuur praat jy?”

“Die een in jou huis, baas Piet. Die kers, hy het omgaval en die
gordyn aan die brand gasteek.”

“Wat de vok? Wil jy nou sê die huis het afgebrand deur ‘n
bliksemse kers wat omgemoer het?”

“Yebo baas Piet.”

“Maar daar is mos elektrisiteit by die huis! Waarvoor het die kers
gebrand?”

“Vir die funeral baas Piet!”

“WATTER DONNERSE FUNERAL PHILEMON?”

“Van djou vrou baas Piet. Sy het hier aangekom en vir niemand
ga-vertel sy kom nie. Ekket gadog dis ‘n rower, toe slat ek haar
doet met die baas se nuwe visstok!”

STILTE……

LANGER STILTE………..

EINDELIK……

“PHILEMON!!!! AS JY MY NUWE DONNERSE VISSTOK GEBREEK HET, BLIKSEM EK JOU DOOD!!!!"

Saturday, 24 August 2013

Dominee praat oor motorfietse

Die oud-dominee word genooi om by 'n kerk te preek en hy besluit hy gaan oor motorfietse preek.

Sy vrou sê: "Jy kan nie oor motorfietse preek nie want jy weet niks van motorfietse nie."

Hy dring daarop aan om oor motorfietse te preek en sy vrou sê: "Wel ek sal dan maar in die kar sit en wag want ek wil nie by wees as jy 'n gek van jouself maak nie."

So stap die oud-dominee alleen die kerk binne en sien 'n paar jong mense by die deur uitkom en besluit daar en dan om eerder oor seks te preek. Na die diens kom een ouderling na mevrou dominee toe en sê dat die dominee 'n indrukwekkende preek gegee het en dat haar man seker baie van die onderwerp weet..

Sy sê: "Nee beslis nie want hy het dit nog net twee keer gedoen."

"Die eerste keer het hy naar geword en die tweede keer het hy afgeval."

Friday, 23 August 2013

Jannie bly in 'n klein huisie

Jannie het elke oggend met 'n blou oog by die skool aangekom. Die juffrou het vir hom gevra hoekom sy oog blou is. Jannie se response was: "Hulle bly in ´n klein huisie en hy en sy ma en sy pa slaap in een bed. Elke aand vra sy pa vir hom, “Jannie, slaap jy al?” dan sê Jannie: “Nee, pa.” en dan slaan die pa hom en gee hom ´n blou oog.

Die Juffrou sê toe vir Jannie: “As jou pa jou weer vra, dan bly jy doodstil.”

Die volgende dag het Jannie nie ´n blou oog nie, toe sê hy vir die Juffrou dat hy stil gebly het. Maar die dag daarna het Jannie weer ´n blou oog...

Die juffrou vra toe vir Jannie: “Hoekom het jy dan weer ´n blouoog?”

Hy vertel toe vir die Juffrou: Pa het gevra: “Jannie slaap jy?”, maar toe bly ek doodstil. Pa en ma het toe gewoel in die bed. Toe vra pa vir ma: “Kom jy?” toe sê ma: “Ja… kom jy ook?” toe sê pa “ja”, toe sê ek: “Wag vir my, ek kom ook, ek wil net gou my slippertjies aantrek!”

Thursday, 22 August 2013

Definisies


  1. HUWELIKSERTIFIKAAT: 'n Soort Jaglisensie wat jou tot een bok beperk.
  2. KREDIETKAART: Iets waarvan die limiet ook die mikpunt is.
  3. VLEISBRAAI: 'n Partytjie waar die kos so 'n bietjie rou en die gaste so 'n bietjie gaar is.
  4. BABA: 'n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.
  5. BABAWAENTJIE: Verlede jaar se pret op wiele.
  6. BEGROTING: Iets wat jou laat wakker le nog voor jy jou geld bestee.
  7. DIEET: 'n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word..
  8. ETENSTYD: Die enigste tyd wanneer 'n kind nie wil eet nie.
  9. GESINSVAKANSIE: Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom.
  10. GEWETE: Iets wat pla as alles baie lekker gaan.
  11. KORTPAD: 'n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te se waar jy is nie.
  12. UNIVERSITEITSGRAAD: Kwitansie wat 'n kind ontvang vir die rekening wat pa betaal het.
  13. MIDDELJARE: Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil.
  14. PREDIKANT: Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is hy onverstaanbaar!

Wednesday, 21 August 2013

Romanse

Om jou vinger saggies op iemand se lippe te sit en te sê: "Shhhh, nie nog 'n woord nie..." is super romanties!

Maar Spietkops like dit f@kk*l!

Friday, 16 August 2013

Toi-toi

Toi-toi werk gewoonlik so:

Die voorste klomp skree: "We want Equal rights!"

Die middelstes hoor nie mooi nie: "We want Electrical lights!"

Die agterstes hoor sleg en skree: "We want Big corn bites!"

Thursday, 15 August 2013

Jannie en die biere

Jannie sukkel met wiskunde.

Sy ma gaan sien sy juffrou en sê vir haar dat sy altyd sy somme met drank moet verduidelik.

Sy sê toe: "Jannie, 3 biere plus 3 biere is hoeveel?"

Jannie antwoord trots: "Dis 6 biere juffrou!"

"Mooi Jannie mooi......nou as ek 2 weg vat?"

Jannie: "Dan moer ek jou!"

Tuesday, 13 August 2013

Blondines en skoenveters

Hoekom maak die blondine net een skoenveter vas?

Want op die skoen staan Taiwan.

Monday, 12 August 2013

Blond by 'n begrafnis

Hoe herken jy 'n blond by 'n begrafnis?

Dis die een wat die ruiker probeer vang.

Sunday, 11 August 2013

As my punte nie verbeter nie

Die seuntjie kom by sy juffrou in die klas en sê:

"Juffrou, ek wil jou nou nie bang praat nie, maar my Pa sê as my punte nie drasties verbeter nie, gaan iemand gemoer word!"

Saturday, 10 August 2013

Wat maak jy...

Wat maak jy as jou skoonma soos 'n mal mens in die agterplaas rond struikel met haar arms in die lug?

Jy vee die trane uit jou oë, hou op lag, fokus, mik en skiet weer!

Friday, 9 August 2013

Dis langnaweek


Die meisieskoshuis is verbode

Skoolhoof kondig aan "Die meisieskoshuise is verbode vir die seuns. As jy daar binne gevang word, R50 boete vir die eerste oortreding. As jy weer gevang word R100, 3 keer R150 ensovoorts. Verstaan julle? Enige vrae?"

'n Stem van agter in saal: "Wat kos 'n seisoenkaartjie?"

Thursday, 8 August 2013

Internet verslawing

Jannie: "Ek het Facebook, Twitter, Google Plus, Yahoo, Tumblr, Msn, Skype en G-Talk."

Koos: "Jislaikit, het jy darm 'n lewe?"

Jannie: "OMW! Nee! Stuur my die link!"

Wednesday, 7 August 2013

Man wen die Lotto

Die man vra vir sy vrou: "Wat sal jy doen as ek vir jou se ek het die Lotto gewen?"

Vrou: "Ek sal my helfde vat en loop."

Man sê: "Nou goed, ek het 3 nommers in die Lotto en het R27 gewen. Hier is jou R13-50!"

Friday, 2 August 2013

Kallie & Mike se oudste spruite gaan graad 3 toe!

Kallie & Mike se oudste spruite het pas gehoor hulle gaan graad 3 toe.

Mike: "Ek is so trots op daai laaitie. Gisteraand vra ek hom om vir my 'n sin te maak met "bysin" en "gesegde".

Soos blits sê hy toe: "Ons was ons gesegde in die bysin."

Kallie sê toe: "Dis niks, klein Kallie is in 'n Engelse klas en laas nag het hy my sy tuiswerkboek gewys. Sentences."

Mike: "Nê?"

Kallie: "Hy moes 'n sin maak met "attack, defence & quarrel".

Toe sê hy: "I climb over defence to pick attack of grapes & eat them quarrel for quarrel."

"En om te dink hy's maar net 19!!!"

Thursday, 1 August 2013

Alzheimers of Vigs

Dokter aan Koos: "Meneer, ek het per ongeluk jou vrou se toetsuitslae omgeruil en is nie seker watter een hare is nie. Sy het of Alzheimers of Vigs."

Koos vra baie bekommerd: "Nou dokter, wat maak ek nou?"

Dokter antwoord: "Laai jou vrou in die middel van die stad af... as sy huistoe kom, moet nie saam haar slaap nie!"