Wednesday, 31 July 2013

Ek dink nie my vrou is snaaks nie

Ek dink nie my vrou is snaaks nie, toe ons gaan uiteet bestel sy vis.

Die kelner vra haar in Engels, "what about the vegetable?"

Toe sê sy: "hy sal seker 'n steak eet".

Tuesday, 30 July 2013

Blond en die fliek

Die blond sit in die film teater en net toe die fliek begin staan sy op en skuifel verby almal om uit te kom.

'n Ou vererg hom en sê: "Kon jy nie uitgegaan het voor die fliek begin het nie?"

"Duh!", sê die blond, "Hulle het nou eers op die skerm gewys alle selfone moet af wees en myne lê in my kar."

Monday, 29 July 2013

Jou kar is veilig in Brakpan

In Brakpan word nie voertuie gesteel nie, omdat elke huisgesin ten minste drie gekwalifiseerde karwagte het.

Sunday, 28 July 2013

'n Grap is 'n grap, maar...

'n Grap is 'n grap, maar:

  • Jy speel nie in pienk rugby nie.
  • Plak nie 'n "Arrive Alive" sticker op 'n lykswa nie
  • Jy sit nie sandkorrels in iemand se kondoom nie.
  • Jy maak nie 'n sambreel in 'n man se hol oop nie.
  • Jy sit nie 'n hospital se krag af nie.
  • Jy gooi nie sand in 'n moffie se vasiline nie.
  • Jy vra nie jou baas op 'n jaareindfunksie in watter afdeling hy werk nie.
  • Jy los nie 'n albino in die son nie.
  • Reël nie 'n oueraand in die weeshuis nie.
  • Jy sê nie vir n weeskind om hande te klap tot sy ma hom kom haal nie.
  • Skuif nie 'n blinde man se meubels nie.
  • Jy los nie die toilet plunger in n blinde man se toilet nie.

Saturday, 27 July 2013

Dating en tegnologie

Meisie: "Pa ek is verlief op 'n ou wat ver weg van my af is. Ons het ontmoet op 'n dating website, vriende geword op Facebook, lang gespreke gehad op Whatsapp, verloof geraak op Skype en nou het ek pa se blessing nodig om te trou..."

Pa: "Geen probleem nie my meisiekind, trou op Twitter, hê pret op BBM, koop kinders deur e-Bay, en stuur hulle deur email, en wanneer jy gatvol is vir jou man, verkoop hom op Gumtree!"

Friday, 26 July 2013

Koos en die drie chicks

Ou Koos loop by die apteek in en tune die apteker: "Luister pappie, ek het drie chicks wat vanaand oorkom en ek het nog nooit drie chicks op een slag bevredig nie. Ek het iets nodig wat daai houtie gaan ophou heel aand."

Die apteker sluit sy onderste laai oop, ruk ‘n bottel "Viagra Extra Hold" uit en tune sy customer: "As jy hierie goed neem sal jy ‘n meneer wees vir so 12 ure."

Koos vat toe sommer drie bokse.

Die volgende dag kom Koos terug apteek toe en ruk sy broek af voor die apteker. Sy wors is blou en pers en in party plekke nerf-af. In ‘n pynlike stem sê hy vir die apteker: "Gou! Gee my ‘n bottle Deep Heat!"

Apteker: "Moenie vir jou mal hou nie, jy kan nie Deep Heat op daai ding sit nie!"

Koos: "Nee, dis vir my arms, die chicks het nie opgepitch nie!"

Thursday, 25 July 2013

Cupcake Grappie

'n Dogtertjie sit en eet 'n cupcake by die haarkapper wat besig is om haar hare te knip.

Haarkapper: "Pasop, jy gaan hare op jou koekie kry!"

Dogtertjie: "Ek weet oom, en tieties ook!"

Wednesday, 24 July 2013

Verskil tussen 'n g-string en doringdraag


Wat is die verskil tussen 'n g-string en doringdraad? 

Daar is nie 'n verskil nie! Al twee beskerm privaat eiendom, maar dit belemmer nie die uitsig nie!

Tuesday, 23 July 2013

Twee boere vang 'n skelm

Twee boere vang 'n skelm steel en gee hom 'n dice.

"As jy 1 tot 5 gooi, dan bliksem ons jou."

Die skelm vra: "En as ek 6 gooi?"

"Dan kan jy weer gooi!"

Monday, 22 July 2013

Gatiep kan nie eet of slaap nie!

Gatiep: "Vandat my vrou weg is kan ek nie eet of slaap nie!"

Adoons: "Was jy so lief vi ha?"

Gatiep: "Nee, sy's weg met die matras en my tande"

Sunday, 21 July 2013

Toiletpapier

Wat het die hand vir die toiletpapier gesê?

Kyk hier my ou maat as jy breek dan is ons altwee in groot k@k.

Saturday, 20 July 2013

Die blond en die legkaart

Die blond bel haar kerel: "Kom gou! Ek het 'n legkaart gekoop en daar is duisende stukke en ek weet nie waar om te begin nie!!"

Kerel: "Wat moet dit wees as dit klaar is?"

Blond: "'n Hoenderhaan!"

Die kerel jaag soontoe, hy stap in die huis en bekyk die stukke wat oral verstrooi lê.

Hy tel die boks op en sê: "Ai my engel, hier gaan jy nooit 'n hoenderhaan gebou kry nie. Gaan maak jy maar vir ons tee dan gooi ek gou die Corn Flakes terug in die boks."

Friday, 19 July 2013

Kakpraat op sy beste

Dit is nou kakpraat op sy beste.

DIE SPOOK DROL:
Jy voel hom uitkom, maar wanneer jy kyk, is daar niks in die toilet nie.

DIE SKOON DROL:
Jy voel hom uitkom, jy sien hom in die toilet, maar daar is niks op die papier nie.

DIE NAT DROL:
Die tipe waar jy jou gat 50 keer afvee, maar dit voel nogsteeds vuil, dan moet jy toiletpapier in jou onderbroek sit sodat jy nie briekmerke los nie.

DIE SECOND-WAVE DROL:
Dit gebeur wanneer jy klaar is met die taak, jou broek tot by jou knieë optrek en dan agterkom dat daar nog een oppad is.

DIE BARS-'N-AAR-IN-JOU-KOP DROL:
Die tipe waar jy so hard druk om die bliksem uit te kry dat jy letterlik 'n hartaanval kry.

DIE BOOMSTOMP:
Die tipe drol wat so groot is, dat jy te bang is om hom weg te spoel sonder om hom eers in kleiner stukkies op te breek (Dit gebeur gewoonlik wanneer jy by ander mense se huise is).

DIE FREE-FLOW-EXHAUST DROL:
Die tipe wat so hard raas wanneer hy uitkom, dat die kakhuisdeur eintlik rattle.

DIE MORNING-AFTER DROL:
Die tipe drol wat die oggend na 'n heavy party uitkom. Sy bekendste kenmerk is die briekmerke wat hy onder in die toilet los.

DIE MIELIE DROL:
Die tipe drol waarin die mielies wat jy geëet het soos rosyntjies in 'n muffin sit.

DIE EK-WENS-EK-KON DROL:
Die tipe waar jy gedink het jy moet, maar al wat uitkom is 'n paar poepe.

DIE RUGBREEK DROL:
Die tipe drol wat so seermaak wanneer hy uitkom, dat jy dink hy het jou sideways verlaat.

DIE MICHAEL-SCHUMACHER DROL:
Die tipe wat so vinnig uitkom, dat hy jou hele hol nat spat.

DIE HANG DROL:
Hierdie drol weier eenvoudig net om uit te val, al is jy klaar.

DIE GEDOG DROL:
Jy't gedog jy gaan poep, toe kak jy in jou broek!

Thursday, 18 July 2013

Jou glas is dan leeg

Jong man by partytjie: "Ek sien jou glas is leeg, kan ek vir jou nog enetjie gaan haal?"

Blond: "Nee dankie, wat wil ek met twee lee glase maak?"

Wednesday, 17 July 2013

Wat beteken retrench

Jongman aan ou oom: "Oom wat beteken 'retrench'?"

Ou Oom: "My kind dit is wanneer jy by die werk vervang word met 'n 'computer' en by die huis deur 'n'vibrator'"

'n Grap is 'n grap

'n Grap is 'n grap, maar jy los nie 'n albino in die son nie... jy plak nie 'n arrive alive sticker op 'n lykswa nie... jy gooi nie sand in 'n moffie se vasiline nie... jy koop nie vir 'n dowe 'n radio nie... jy reël nie 'n oueraand by 'n weeshuis nie... en die belangrikste: Jy speel nie in pienk teen die STORMERS nie!!!

Tuesday, 16 July 2013

Brakpan Swingers

Twee Brakpan paartjies besluit om bietjie partners te ruil.

Na ‘n hewige vry sessie vra die een ou: “Ek wonder wat doen die girls!”

Monday, 15 July 2013

Waar kom buite egtelike kinders vandaan?

Seuntjie vra sy ma: “As binne egtelike kinders deur die ooievaar gebring word, waar kom buite egtelike kinders vandaan?”

Ma antwoord: “Rondloper voëls!”

Sunday, 14 July 2013

Aartappel boer maak 'n plan

Pa stuur aan sy seun in die tronk 'n brief: "Ek sal nie die jaar aartappels kan plant nie. Die lande is nie omgespit nie, want jy is nie hier om uit te help nie."

Seun skryf terug: "Dit is ook maar goed, want die geld wat ek gesteel het, is in die lande begrawe."

Die volgende dag toe is die polisie daar en spit alles om opsoek na die geld, maar kry niks.

Seun skryf weer aan sy pa: "Pa kan nou maar plant, dit is die beste wat ek kon doen van hier af!"

Saturday, 13 July 2013

Malema is swimming in the Vaal

Juffrou: Wie kan die sin in afrikaans vertaal - "Malema is swimming in the Vaal Dam."

Jannie spring op en skree: "Daar is 'n drol in die drink water!"

Friday, 12 July 2013

Ek was nie so dronk nie

Man sê vir sy vrou : "Ek was toe nie gisteraand weer so dronk soos jy gesê het nie. Ek het tot 'n taxi gebel om ons huis toe te vat!"

Vrou antwoord: "Maar die party was by ONS huis!"

Thursday, 11 July 2013

Die miere en die olifant

3 miere sien 'n olifant aangestap kom.

Mier 1 sê: "Kom ons maak hom dood."

Mier 2 sê: "Kom ons breek sy bene."

Mier 3 sê: "Ag nee ouens, kom ons los hom. Hy is net 1 en ons is 3."

Wednesday, 10 July 2013

Jannie kyk na troufoto's

Jannie se ouers wys vir hom hul troufoto’s. 

En Jannie vra: "Pappa, is dit die dag toe mamma vir ons begin werk het?"

Tuesday, 9 July 2013

Tien uur word die ligte afgesit!

Sannie se pa was maar onrustig met Jannie wat kom kuier en tree hom aan.

"Kyk", sê hy vir Jannie, om 10 uur sit ek die ligte af."

Jannie merk ewe verwaand op. "Nee, dis reg oom, ek het nie kom boek lees nie!"

Monday, 8 July 2013

Per Toeval

Juffrou vra vir die klas: "Gee vir my 'n voorbeeld van iets wat per toeval gebeur het?"

Jannie antwoord: "My ma en pa het per toeval op dieselfde dag, EN op dieselfde dag getrou!"

Sunday, 7 July 2013

Die Patio

Sannie skreeu vir Jannie: "Jannie, daar lê 'n kondoom op die patio!"

Jannie skreeu terug: "Wat is 'n patio?!"

Saturday, 6 July 2013

Etiket Vir Brakpanners

Algemeen
1. Moet nooit bier saamvat na 'n job interview nie.
2. Probeer eers uitvind wie die mense in jou jaard is voor jy begin skiet.
3. Die dominee smaak dit nie as jy 'n cooler box saamvat kerk toe nie.
4. As jy die bed moet stofsuig is dit tyd om ander lakens op te sit.
5. Selfs al is jy seker jy is ingesluit in die testament, moenie jou Venter saamsleep na 'n begrafnis toe nie.

Uiteet
1. As jy wyn skink, tilt die paper cup sodat jy nie die "vrug" van die wyn bederf nie.
2. As jy uit die bottel uit drink, hou hom so vas sodat jou vingers die label toehou.

Onthaal In Jou Huis
1. Moenie jou geliefde opgestopte hamster/kat/hond/aap op die koffietafel sit nie.
2. Moenie dat jou hond van die tafel eet nie (al is sy maniere beter as jou gaste s'n).

Persoonlike Gesondheid
1. Terwyl ore gereeld moet skoongemaak word, is dit 'n job wat verkieslik met jou eie bakkiesleutels gedoen moet word.
2. As jy toiletware reg gebruik kan jy 'n paar dae gaan sonder 'n wassie.
3. Grond en olie onder jou vinger naels is 'n social nee, want dit gee daai finger snacks 'n snaakse smaak en cherries laaik dit nie so kwaai nie.

Verhoudings (buite die familie)
1. Bied altyd aan om die aas aan jou goose se hoek te sit, veral met die eerste date.
2. Wees aggressief. Laat weet haar jy wag al twee jaar om met haar uit te gaan nadat jy daai goed gelees het teen die toilet muur daar by Shoprite.
3. Maak seker jy vind uit by haar ma-hulle wanneer sy by die huis moet wees. Party sal se 10-uur, ander "Maandag". As die antwoord Maandag is, is dit jou job om te sorg dat sy betyds by die skool is.

Fliek
1. Huilende babas moet verkieslik na die voorportaal gevat word en onmiddelik na die show gehaal word.
2. Moenie met die mense op die screen probeer praat nie. Jarelange wetenskaplike navorsing het bewys dat hulle jou nie kan hoor nie.

Troues
1. Kleinvee is nie so 'n hot trougeskenk nie.
2. As jy die bruid langer as 5 sekondes soen, kan jy miskien geskiet word.
3. Vir die bruidegom: Huur 'n tux; 'n corduroy broek en T-shirt met 'n cummerbund werk nie so lekker nie.
4. Al is dit moelik, sê maar ja vir sokkies en skoene (al is dit dan net vir die kerk).

Bestuur
1. Dim jou ligte as 'n kar van voor af kom, al is jou gun gelaai.
2. As jy by 'n 4-way stop kom, ry die ou met die grootste wiele eerste.
3. Moet nooit 'n ander blaar se kar tou met pantyhose en duct tape nie.
4. As jy jou vrou/goose met 'n kannetjie stuur om te gaan petrol haal, is dit swak maniere om haar te vra om bier ook terug te bring.
5. Moenie spin as jy in 'n begrafnisstoet ry nie.

Friday, 5 July 2013

Ek soek 'n boetie vir Kersfees

Seuntjie aan ma: “Ek wil graag ‘n boetie hê vir Kersfees!”

Ma: “Daar is te min tyd daarvoor my kind.”

Seuntjie: “Maak dan soos Pappa en sit meer manne op die job!”

Thursday, 4 July 2013

Vrou se 9de baba

Vrou gaan sien ‘n priester na haar 9de baba.

“Ek weet nie hoekom word ek so gou swanger nie. Dit moet iets in die lug wees!”

“Ja”, sê die priester: "...dis jou bene.”

Wednesday, 3 July 2013

Jakob en Hendrik en die genie

2 Boere, Jakob en Hendrik, dobber rond in 'n bootjie op die oop see.

Hul grawe deur die boot se voorraad en Hendrik ontdek 'n lamp. Hy vryf die lamp en 'n genie kom uit. Daar is slegte nuus sê die genie, daar is net 1 wens.

Hendrik, sonder om te dink, skree: "Verander die see in brandewyn en coke!"

Die genie klap sy hande en die see verander in brandewyn en coke.

Die 2 sit doodstil en dink. Jakob staar na Hendrik met misnoë en sê: "Mooi so jou breindood bliksem, nou moet ons in die boot pis!"

Die Kalahari gedig

Kalahari gedig:

Dit is 'n diep stil donker nag.
Ver los 'n boesman 'n windjie sag.
Met 'n dowwe geplof, val 'n bollie in die stof.
Geduldig en gedwee, hoor ek 'n geskree.
'n Boesman het sy boude met 'n kaktus afgevee...

Tuesday, 2 July 2013

Blond en die hardeware winkel

Die blond doen aansoek vir werk by 'n hardeware winkel. Die eienaar vra of sy darem die verskil ken tussen 'n spyker en 'n paperclip.

Sy antwoord: "Nee, ek weet nie. Ek was nog nooit ge-paperclip nie!"

Monday, 1 July 2013

Hasie en die mampoer

Daar bo in die Bosveld stap hasie eendag so deur die gras en kom op 'n bottel mampoer af wat in die son gelê het. Hy vat 'n paar slukke, maar die witblits skop hom so lat hy net daar uitpass.

Jakkals kom verby, sien vir hasie en die bottel, dog toe hy sal ook so sluk vat voor hy vir hasie eet. Maar die warm mampoer kap hom ook om.

So lê die twee nou daar toe hiëna verby kom. Hy kon sy geluk nie glo nie en drink ook aan die bottel; selfde storie, val net daar neer, uitgepass.

Leeu kom toe op die storie af, besluit hy eet nie aan jakkalse en hiëna's nie, en daarby is die haas te klein om eers oor te worrie. Hy vat toe maar 'n paar groot slukke en kort-voor-lank slaan hy ook neer.

Met dié begin hasie roer, sit regop met 'n hewige hoofpyn. Hy skud sy kop, trek sy ore reg en kyk toe so om hom. Toe sien hy hoe lê leeu, jakkals en hiëna uitgepass om hom. Hy mompel: "Hel, smaak my mos ek raak aggressief as ek gesuip is!"