Sunday, 30 June 2013

My Pa is 'n towenaar

Dis die seuntjie se eerste dag op skool en die juffrou vra wat se werk doen sy pa.

Seuntjie: “My pa is ‘n towenaar juffrou. Hy saag mense in die helfte.”

Juffrou: “En hoe kry hy dit reg?”

Seuntjie: “Ek weet nie juffrou, maar op hierdie dorp het ek vyf half boeties en drie half sussies."

Saturday, 29 June 2013

Spietkop se kwotasie

Spietkop trek my af en loop om die kar.

Hy sê toe: "Jou hooflig, een flikkerlig en remlig is stukkend! Dit sal R500 wees!"

Ek dink toe bietjie oor sy kwotasie en sê: "Dis billik - maak net seker die kar is klaar voor 17:30"

Friday, 28 June 2013

Blonde spietkop

Blonde spietkop trek 'n blond af en vra vir haar lisensie.

"Wat is n lisensie?", vra sy.

"Dis n vierkantige ding met jou foto op."

Sy grou in haar handsak en haal n klein spieëltjie uit, kyk daarin en gee dit vir hom.

Hy kyk daarin, gee dit vir haar terug en sê: "Jy kan maar ry, ek sien jy is ook n spietkop."

Thursday, 27 June 2013

Die jagter en sy haelgeweer

Jagter se haelgeweer word deur ‘n sterk wind omgewaai. Dit gaan af en skiet hom in sy geboortemasjien se area.

Die dokter sê, “Ek het goeie en slegte nuus. Goeie nuus: Min skade aan jou knaters, het al die haelkorrels verwyder.”

Jagter: “Wat kan die slegte nuus dan wees?”

Dokter: “Daar is egter skade aan jou meneertjie, hy het ‘n paar gate in. Ek sal jou na my suster verwys.”

Jagter: “Dit klink nie te erg nie, is jou suster n plastiese chirurg?”

Dokter: “Nee – sy speel fluit in die Johannesburgse simfonieorkes en sy gaan jou leer waar om jou vingers te plaas sodat jy nie in jou oog pis nie."

Wednesday, 26 June 2013

Drie dronkies in 'n taxi

Drie gesuipte ouens klim in 'n taxi. Die driver sien hulle is lekker dronk, start sy taxi en switch dit dadelik weer af en sê: "Ons is hier manne".

Twee klim uit en sê dankie. Die derde een gee die driver 'n moerse klap en sê: "next time ry jy nie so vinnig nie, ons kon vrek gewees het!!"

Tuesday, 25 June 2013

Jan en die malhuis

Jan is in die malhuis en hy loop in die gang af en hoor "13...13...13".

En hy los dit en loop verder en n rukkie later hoor hy weer "13...13...13" en hy hak vas, draai hom en sien daar is 'n gat in die muur aan die einde van die gang en loop na dit toe.

Hy hoor weer "13...13...13" en hoe nader hy kom hoe meer hoor hy "13...13...13".

Hy buk so af en kyk reguit in die gat in en iets steek hom in die oog. Hy staan op, skree, draai om en hardloop weg.

Soos wat hy weghardloop hoor hy "14...14...14".

Monday, 24 June 2013

Woonstel te huur

Blondie stap een aand rond in die stad. Teen 'n lamppaal is 'n advertensie opgeplak wat lees "woonstel te huur".

"Wonderlik, ek het dringend 'n woonstel nodig!" en sy klop aan die paal, maar niemand antwoord nie.

So doen sy dit 'n paar keer en 'n Blou bul supporter aan die oorkant van die straat hou haar al 'n geruime tyd dop en besluit om ondersoek te gaan instel.

Blondie vertel hom toe wat aangaan.

Hy kyk toe so na haar en toe na die paal en sê: "dit kan nie wees nie, die lig brand, so daar moet iemand wees".

Sunday, 23 June 2013

Toyotas het baie goeie masjiene!

Die twee eerstejaar studente het 'n bietjie te ver met die vryery gegaan, en besluit om die nooi se ouers die naweek op die plaas oor die onverwagse swangerskap te gaan inlig. Die hele aand het die kêrel gewroeg oor hoe hy by die voorgenome skoonouers oor hul lot gaan vertel, maar hy kom nie sover om dit te doen nie.

Die nag het hy sleg geslaap en die volgende oggend was hy vroeg weer op. Hy was verbaas om oral op die plaaswerf net Toyotas te sien. In die garage het 'n Camry gestaan, onder die boom 'n Hilux en in die stoor was 'n Land Cruiser. Selfs die plaas se naambord was geborg deur Toyota.

Terwyl hy hom so verwonder, groet die Oom hom skielik. Die arme kêrel skrik hom flou. Maar kenmerkend van 'n student herstel hy gou en vra die Oom uit oor al die Toyotas.

Oom: "Toyotas het baie goeie masjiene. Hul ratkaste gee nie in nie. Die Land Cruiser se vere kan jy maar laat werk. En selfs in die winter sukkel 'n mens nie om die Toyotas te start nie."

Waarop die kêrel vinnig antwoord: "Oom se dogter is seker ook 'n Toyota. Ek het haar net so 'n ligte stootjie gegee, toe vat sy!

Saturday, 22 June 2013

Doen jou huiswerk

'n Jong knapie het geweier om sy huiswerk te doen.

Om hom te probeer oortuig wat reg is, sê sy pa: "Seun, toe Abe Lincoln, 'n baie beroemde president, jou ouderdom was - het hy in die nagte by kerslig sit en huiswerk doen!"

"Ja," antwoord die seun "Maar toe hy jou ouderdom was, was hy president!"

Friday, 21 June 2013

Vir wie is jy die liefste?

Koos kom gesuip by die huis aan en vra sy vrou: "Bokkie vir wie is jy die liefste, is dit vir my of die toilet?

Sy vrou antwoord: "My man, dis obvious ek is vir jou die liefste!"

Koos hak af en sê: "Maar as jy toilet toe gan dan trek jy jou broek dadelik af ma ek moet alewig in my moer in soebat!"

Thursday, 20 June 2013

Wat's die verskil?

Wat is die verskil tussen 'n goeie P.A. en 'n Brakpan P.A.?

'n Goeie P.A. sê: "Goeie môre, Meneer!"

'n Brakpan P.A sê: "Goeiste, Meneer, dis al môre!"

Wednesday, 19 June 2013

Koei se kind!

Die juffrou vra: "Klas, sê vir my wat gee hoenders?"

Marietjie antwoord: "Eiers juffrou"

"Nou wie kan vir my sê wat gee boerbokke?"

Sannie sê "Bokmelk juffrou"

"En wat gee 'n koei ons?"

Jannie antwoord: "Wiskunde en huiswerk juffrou!"

Tuesday, 18 June 2013

Katastrofies

Klein Sannie is in die tuin besig om 'n gat toe te gooi, toe haar buurman oor die heining loer.

Geïnteresseerd in wat sy doen, vra hy vriendelik: "Wat doen jy daar, Sannie?"

"My goudvissie is dood", antwoord sy met traantjies in haar oë sonder om op te kyk "en ek het hom pas begrawe."

Die buurman voel toe dadelik jammer vir haar en sê: "Maar dit is darem 'n buitengewoon groot gat vir 'n goudvissie, is dit nie Sannie?"

Sannie stamp die laaste bietjie grond vas en sê: "Dis omdat hy in jou kat se maag is."

Monday, 17 June 2013

G'n wonder

Die sewejarige Jannie het gewonder waar hy vandaan kom.

"Hoe het ek hier gekom, Mamma?" vra hy ewe onskuldig.

Sy ma gee hom toe die standaard antwoord : "Die ooievaar het jou gestuur.'

"Het die ooievaar vir mamma ook hiernatoe gestuur?"

"Ja my kind, hy het my ook gestuur."

"En vir ouma en oupa en pappa ook?", vra klein Jannie

Weer sê sy ma ja.

Jannie skud sy kop in ongeloof: "Wil ma nou se dat niemand in hierdie familie die afgelope 200 jaar seks gehad het nie? G'n wonder almal is so dikbek nie!"

Sunday, 16 June 2013

Daar's Juffrou!

Die fotograaf het 'n klasfoto van die kinders geneem en die juffrou het die kinders probeer motiveer om van die foto's te koop.

"Dink net hoe lekker sal dit wees as julle eendag weer na die foto kan kyk en sê: "Daar's Jennifer, sy's 'n prokureur" of "Dit is Michael, hy's 'n dokter!"

'n Stem agter uit die klas sê: "Daar's Juffrou, sy's al dood!"

Saturday, 15 June 2013

Walvisstorie

'n Dogtertjie gesels met haar juffrou oor walvisse. Die onderwyseres vertel dat dit fisies onmoontlik vir 'n walvis is om mense in te sluk omdat sy keelgat te klein is.

"Maar juffrou," sê die dogtertjie, "...'n walvis het dan vir Jona ingesluk en weer later uitgespoeg!"

"Dis sommer 'n storie!" sê juffrou, "Walvisse kan dit nie doen nie!"

"Wanneer ek in die hemel kom, gaan ek vir Jona vra", sê die dogtertjie.

"En as Jona nou in die hel is?", wil juffrou weet.

"Dan...", sê die dogter, "... moet juffrou hom maar vra!"

Friday, 14 June 2013

Help vir Pa

'n Seuntjie kom die huis binne terwyl hy droewig huil en sy agterstewe vryf.

"Wat's fout boetie?", vra sy ma besorgd.

"Pappa het sy duim met die hamer raakgeslaan", verduidelik die seuntjie al snikkend.

"Dis nie iets om oor te huil nie.", probeer ma troos. "Jy moet daaroor lag."

Met 'n bewende stemmetjie antwoord die knaap: "Ek het!"

Thursday, 13 June 2013

Probleme by die dieretuin

Drie knapies word in die dieretuin vasgetrek omdat hulle droogmaak. Die beampte sleep hulle na die hoof veldwagter wat met 'n baie nors stem vir die eerste outjie vra.

"Wie's jy en wat het jy gemaak?"

Ewe onskuldig ontwoord hy: "My naam is Chris en ons het peanuts in die olifant se hok gegooi."

Die tweede outjie voeg by: "My naam is Piet en soos Chris gesê het, ons het peanuts in die olifant se hok gegooi."

"En jy?", wil hy van die derde outjie hoor.

Deurmekaar en duidelik verskrik, antwoord hy: "My naam is Jannie, maar my vriende noem my Peanuts!"

Wat 'n vraag!

Die juffrou spandeer die hele periode om magnete aan haar klas te verduidelik in die natuurwetenskap klas. Sy wys hoe magnete spykers optel en wat dit doen met ystervylsels.

Toe dit uiteindelik vraetyd is, sê sy: "My naam begin met 'n 'M' en ek tel allerhande goed op - Wat is ek?"

Sonder om te aarsel sê klein Jannie: "Juffrou is 'n Ma!"

Wednesday, 12 June 2013

Brakpan is Brakpan

'n Brakpan man is soos 'n selfoon, het jy hom, is hy lastig. Soek jy hom, lê hy iewers. Het jy hom nodig, is hy altyd pap.

Hulle sê die nuwe Ford Ranger bakkie is so sterk hy trek 'n Brakpan ou van sy sussie af!

In Brakpan is hulle so arm, hulle gaan in die aande KFC toe om die mense se vingers af te lek!

Flippie van Brakpan het vandag 3 nuwe goed geleer! Dat hy gaan oom word, dat hy gaan pa word en dat sy sussie nie op die pil is nie!

Monday, 10 June 2013

Hoe dan anders?

Die onderwyseres bespreek "bloedsomloop" met die kinders.

"As ek nou op my kop sou staan, sal die bloed in my kop inloop en ek sal rooi word in my gesig. Is dit so?"

"Ja , juffrou" antwoord die klas.

"Nou wie kan vir my sê hoekom hardloop die bloed nie in my voete in as ek regop staan nie?"

Klein Jannie skree agter uit die klas uit: "Omdat juffrou se voete nie leeg is nie!"

Ons is so arm!

Ons is so arm , ek en my vrou drink brandewyn, sodat die kinders nie kan ruik ons het vleis geëet nie.

Sunday, 9 June 2013

Blond en melk

Wat kry jy as jy 'n blond melk voer?

'n Melktert.

Saturday, 8 June 2013

Gert en piet sit op die stoep

Twee ou omies sit op die ouetehuis se stoep en sug.

Gert: 'sug' "Jaaaa"

Piet: 'sug'  "Nee"

Gert:  'sug'  "Jaa-nee"

Piet:  'sug'  "Gert, jy praat nou heeltemal te veel!"

Friday, 7 June 2013

Mugabe gaan dood

Mugabe gaan dood en kom by Petrus se hek in die Hemel aan.

Petrus verwys hom na satan. Hy kom daar en word verwelkom.

Dit strike hom dat hy sy bagasie by die Hemel vergeet het, maar satan sê hy stuur sommer twee duiwels.

Petrus is toe op lunch en die duiwels besluit om sommer oor die muur te klim. Twee engele sien dit en met die volgende kommentaar, "Mugabe is net 10 minute in die hel en hier is die eerste refugees alreeds!"

Thursday, 6 June 2013

Gatiep en Meraai in die skeihof

Gatiep en Meraai is in die skeihof en die regter moet nou besluit by wie die kind gaan bly.

Hy vra vir Meraai wat sy te sê het en sy sê: "Djou onner ek het my se kjint mos 9 maande lank in my se maag gedra en toe nog al daai se baja pyn. Natuurlik moet die kjint mos by my kom bly."

Die regter kyk vir Gatiep en vra of hy iets wil se voor hy sy besluit maak en Gatiep sê: "Djou onner antwoord my net een ding, as ek die R5 by die vending matjien gooi en die Coke kom onner uit, wie se Coke is dit, myne of die matjien?"

Jenny die perd

Eendag kom die man kom by die huis en sy vrou slaan hom met 'n pan oor die kop.

So half dronk, vra hy: "Vir wat was dit?"

Sy skree op hom: "Ek het 'n papier in jou sak gekry met die naam Jenny op!"

Hy begin verduidelik dat Jenny is 'n perd. Hy het op haar gebet in die perde races en sy vrou vra om veskoning.

Die volgende dag kom die man weer by die huis en weer moer sy hom met die pan oor die kop.

Weer vra hy: "En nou!?"

Sy antwoord toe: "Jou perd is op die foon!"

Wednesday, 5 June 2013

Buite Egtelike Kinders in Brakpan

Brakpan seun vra sy ma: "As binne egtelike kinders deur die ooievaar gebring word, waar kom buite egtelike kinders vandaan?"

Ma: "Rondloper voëls!"

Blond en die boemelaar

Bedelaar aan Blond: "Help asseblief, ek het 2 weke laas geëet."

Blond: "Nee F... man, force jouself, jy sal vrek!"

Tuesday, 4 June 2013

Waar kom Pooh vandaan?

'n Ses jarige dogtertjie gaan vra haar ma: "Mamma waar kom Pooh vandaan?"

Haar ma sê dat sy haar pa moet gaan vra.

So sy gaan vra haar pa en na n lang verduideliking van hoe die dermkanaal werk, vra sy met n bewerige stemmetjie: "....en Tigger?"

Dominee kom kuier

Ma sê vir haar 3 kinders dat die Dominee kom kuier en hulle moet luister.

"As jy wil piepie sê vir my 'nommer 1' en as jy wil bollie 'nommer 2' dan kan jy toilet toe gaan."

Dominee kom en vir 5 minute gaan dit goed.

Die 6 jarige sê "nommer 1", en gaan toilet toe.

Die 4 jarige sê "nommer 2" en gaan ook toilet toe.

Die 3 jarige sit met wange opgeblaas, oë groot, gesig BLOEDROOI!! Ma kyk hom vas in die oë en sê: "Wat's fout Frikkie!?"

Hy sê: "Ek wil poep, maar ek het nie 'n nommer nie!"

Monday, 3 June 2013

Wat is 'n man?

Die seuntjie vra vir sy pa: "Wat presies is 'n man?"

Dadelik gereed, antwoord die pa: "'n Man is die baas en die hoof van die huis. Hy is die een wat verantwoordelikheid neem vir die gesin en omsien na almal se belange".

Die seuntjie antwoord: "Sjoe, ek hoop dan ek is eendag so 'n goeie man soos mamma!"

Liewe Lulu en die moordenaar

Liewe Lulu is in die hysbak saam met 'n moordenaar wat 'n broodmes in sy hand vashou.

Maar Liewe Lulu is nie bekommerd nie, want sy is nie 'n brood nie!

Liewe Lulu en die Brooklax

Die apteker vra vir sy assistent Liewe Lulu: "Wat is verkeerd met daai ou wat so teen die muur leen?"

Liewe Lulu sê toe: "Hy het vanoggend hier ingekom en gevra vir hoesstroop, maar ek kon dit nie kry nie, toe jaag ek hom n bottel Brooklax in."

Die apteker strip sy moer: "Maar my hel man Lulu, jy kan mos nie iemand se hoesbui probeer regmaak met lakseermiddels nie!"

"Natuurlik kan 'n mens", sê Lulu, "Kyk na die ou. Hy's te blêrrie bang om te hoes!"

Sunday, 2 June 2013

Julius en die kameel

Julius koop ‘n kameel by Jan.

Julius vra: "Hoe laat ek hom loop?"

Jan sê: "As jy sê yoh, dan loop hy, yoh yoh, dan galop hy, en yoh yoh yoh dan hardloop hy, en as jy hom wil laat stop, dan sê jy EISH!!!!!!"

So Julius klim op sy kameel en se YOH, en daar begin die kameel loop.

Hy se toe YOH YOH YOH, en daar hardloop die kameel met ‘n spoed.

... Toe sien Julius daar voor is ‘n afgrond en hy het vergeet hoe om die kameel te laat stop.

Net voor die afgrond sê Julius: "EISH, hier gaan ek dood vandag!"

En daar stop die kameel.

Julius leen vorentoe en sien hoe hoog die afgrond is, en se YOH YOH YOH...

Boemelaar en Nando's

Boemelaar val flou voor Nando’s.

Vrou skree: “Gee hom ‘n lemoen, dit sal help”

Boemelaar: “Voetsek man! As ek 'n lemoen wou hê, het ek voor Fruit & Veg flou geword!"