Friday, 31 May 2013

Die getroude lewe

Drie vriendinne, een in 'n informele verhouding, een verloof en een 'n lank getroude vrou, ontmoet oor 'n paar drankies na werk. Hulle besluit om hulle liefdeslewens bietjie op te kikker en die manne in hulle lewens te verras met 'n stoutigheidjie.

'n Week later kom hulle weer bymekaar.

Die enkel meisie sê, "Ek het na my vriend se kantoor gegaan met 'n lang jas aan. Na almal weg is het ek die jas laat val en al wat ek aangehad het was 'n leer korset met swart sykouse en hoëhak skoene. Ons het net daar op sy lessenaar liefde gemaak."

Die verloofde vrou sê, "Toe my verloofde by die huis aankom, het ek vir hom gewag met 'n swart masker, korset, sykouse en hoëhakke. Ons het die hele nag passievolle liefde gemaak, en nou wil hy vroeër trou."

Die getroude vrou sit haar glas neer en sê, "Ek het baie beplanning gedoen. Die kinders is na my ma toe, ek het 'n lang bad geneem met gegeurde olie en my beste parfuum aangespuit. Ek het in 'n stywe leer korset geklim met swart sykouse en ses duim hoëhakke, alles afgerond met 'n swart masker. My man het by die huis gekom, 'n bier en die afstandbeheer gegryp, homself op die bank neergeplak en uitgeroep... Yes, Yes Batman, wat eet ons."

Die smous en die stofsuier

Smous: "Mevrou ek verkoop hierdie nuwe stofsuier, kan ek demonstreer?"

"Nee", sê die vrou.

Voor sy kan keer gooi hy 'n emmer nat beeskak op die sitkamermat en sê: "As die masjien nie als opsuig nie vreet ek als op."

Die vrou gaan kombuis toe en kom terug met n bakkie suiker en gooi dit op die beeskak.

Sy gee vir die verkoopsman 'n lepel en sê: "Begin solank eet boetie... hier is nie krag op die plaas nie!!!"

My gym plan vir die jaar

Ek het besluit om aan 'n gym plan te werk hierdie jaar...

Ek gaan net water drink... (Saam met my koffie)

Ek gaan elke dag oefen... (Hoe om nice te wees)

Ek gaan orals loop... (Binne my huis)

Ek gaan 'n sixpack kry... (en dit in my yskas sit)

So wie oefen saam?!?

Groot ore

"Mamma, die kinders spot my oor my groot ore."

"Ag, moenie jou aan hulle steur nie, my kind...Staan net bietjie soontoe dat ma die televisie kan sien."

Twee meisies baklei oor 'n man

Man: "Hallo! Is dit 10111?"

Polisie: "Ja, hoe help ek?"

Man: "Daar is twee meisies wat heavy geweldadig oor my baklei!"

Polisie: "Hahaha! Nou wat is fout daarmee?"

Man: "Die lelike een is besig om te wen. Maak GOU!!!"

Malema wen die Lotto

Malema wen die Lotto en gaan na die winkel om dit te kry.

Malema: "Sir, I won the Lotto and I'm here to collect my R10 million."

Teller: "Ok Sir, but you can't get all the money now. You gonna get R1 million every month."

Malema: "No no no. I want it all!"

Teller: "That's not how it works Sir.. You can't get all your money today. You need to follow the procedure."

Malema: "No, I want my R10 million NOW or else give back my R5 finish & klaar!!!"

Beste ete ooit!

Ek sê vir my vrou, "Daai was die beste ete ooit!!"

"Maar ek het niks gemaak nie??" antwoord my vrou.

Ek sê: "PRESIES!"

Wednesday, 29 May 2013

Mammabeer, pappabeer en bababeer

Kinders, die sprokieverhaal het verander!

Bababeer sit by die tafel en "moan": "Wie het my pap geëet?"

Pappabeer check sy bord en grom! "Wie de moer het my pap gevreet!?"

Mammabeer skree daar van buite: "Ek het nog nie pap gemaak nie! Dis Suid-Afrika hierdie, die krag is alweer af!"

Kosie kan rym

Juffrou vra klas: Maak 'n sin wat rym.

Kosie: "Allas, kedallas, my oupa krap sy ballas!"

Juffrou gee hom 'n moerse klap en sê probeer weer...

Kosie: "Hoes, kedoes, my ouma krap haar maag!"

Juffrou : "Dit rym nie?"

Kosie: "Ek weet, my ouma se arm is te kort!"

Jannie het 'n obsessie met ketties

Jannie is in Weskoppies, omdat hy 'n obsessie het oor ketties. Na 6 maande besluit hulle om hom te her-evalueer en vra: "Wat sal jy doen as jy 'n miljoenrand wen?"

"Ek sal vir my 'n kakhuis vol ketties koop" sê hy.

"Nee, jy's mal, sit hom terug in sy padded sel", laat die sielkundiges weet.

6 Maande later evalueer hulle hom weer. "Wat sal jy doen as jy 'n miljoen rand wen?" is die vraag weer.

"Ek sal dit belê?" sê hy.

"Mooi, ek dink jy kom reg, in wat sal jy dit bele?" vra hulle.

"In bosbou en Goodyear sodat ek baie hout en rubber kan maak, sodat ek baie ketties kan maak!"

"Terug in sy sel!" antwoord die sielkundiges.

Weer sulke tyd 6 maande later en weer is die vraag: "Wat sal jy maak as jy 'n miljoen wen?"

Na hy so 'n tydjie diep gedink het, sê hy: "Ek sal vir my 'n Porsche koop"

"En dan?"

"Dan sal ek rondry en vir my 'n hot girl optel."

"Jis, jis en dan?"

"Dan sal ek haar wine en dine."

"Nee, lyk vir my jy's gesond, maar vertel verder wat jy beplan?"

"Dan sal ek haar huis toe vat en bietjie begin vry."

"Ja, en dan?"

"Dan sal ek haar pantie uittrek."

"Ja, ja en dan?"

"Dan sal ek die rek uit die pantie haal en vir my 'n F****N kettie maak!!!"

Koos gaan visvang in China

Koos bel sy vrou. "Vroulief, die baas het my gevra om 'n week lank saam hom te gaan visvang in China. Dis 'n geleenheid vir my om 'n verhoging te kry. So pak asseblief my tas vir 'n week, en my visstok en visvangboks. Ons ry direk na werk, so sal net kan stop om dit op te tel. O ja, asseblief, pak my nuwe silk pajamas in."

Sy vrou dink dit klink fishy, maar pak als in wat hy vra.

Die volgende naweek kom hy tuis, 'n bietjie moeg. Sy vrou verwelkom hom en vra of hy enige vis gevang het.

"Ja, baie salmon, blue gill en swaardvisse. Maar hoekom het jy nie my silk pajamas ingepak nie, skat?"

"Ek het, hulle is in jou visvangboks", antwoord sy.

Tuesday, 28 May 2013

Jannie en die ore

Jannie gaan saam om te gaan kyk na die bure se baba wat sonder ore gebore is! Sy pa sweer Jannie die dood voor die oë as hy die woord "oor" of "ore" sou noem dat hy 'n moerse pakslae sal kry!

Jannie vra die tannie: "Hoe is die baba se sig tannie?"

Die tannie sê: "Nee, dis baie goed!"

Jannie sê: "Dis fantasties, want hy's redelik ge*** as hy moet brille dra!"

Vrou en die boemelaar

Vrou sit op bank in 'n parkie en 'n boemelaar gaan sit langs haar en sê: "Hallo skattie!"

Vrou: "Wie de hel is jou SKATTIE??"

Boemelaar: "Nou wat de hel doen jy dan in my bed??"

Brakpan, O, Brakpan

In Brakpan is die karre so warm, as jy die choke uittrek dan spin die spaarwiel!

Brakpanners se huise lyk almal nes hul karre - vensters is getint en fondasie gedrop.

As 'n Brakpanner verby die dam loop gooi die eende vir hom brood.

Jy weet jy is in Brakpan as jou ouma verwag.

6-uur saans sluit Brakpanners hulle kinders in die huis toe sodat die honde buite kan speel.

Oom Kallie en Tant Anna in New York

Oom Kallie en Tant Anna ry in New York toe 'n taxi langs hulle stop.

Die taxidriver sê toe vir hulle: "Good morning!"

Tant Anna vra toe vir Oom Kallie: "Pappa, wat sê hy?"

Toe antwoord Oom Kallie: "Ag, hy sê sommer hallo."

En hulle ignoreer die taxidriver heeltemal. Toe vra die taxidriver: "Hey, where you from?"

Tant Anna vra toe: "Pappa, wat sê die man?"

Oom Kallie antwoord: "Ag, hy vra sommer waarvandaan ons kom."

En hulle antwoord: "South Africa".

Die taxidriver sê toe: "Hey, I've been to South Africa and I had the worst sex there ever!"

Tant Anna vra toe weer: "Pappa, wat sê hy?"

Oom Kallie: "Hy sê hy ken jou!"

Monday, 27 May 2013

Jan, Koos en die biere

Jan: "Sooooo... jy drink elke dag 12 biere?"

Koos: "Ja."

Jan: "Vir hoe lank al?"

Koos: "20 jaar."

Jan: "Iiiiiiiizit? R15 'n bier in die pub is R180 per aand. Maal 5 dae is R 900 per week, maal 52 weke is R 46 800, maal 20 jaar is R 936 000!"

Jan: "Jy kon al 'n Ferrari gekoop het met al daai geld!"

Koos: "Drink jy?"

Jan: "Nee."

Koos: "So waar's jou flippen Ferrari!?"

Sunday, 26 May 2013

Juffrou en Gatiepie


Juffrou vra: "Klas, wat is die hoogste berg op aarde?"

Die ander kids steek nog hand op, maar Gatiepie antwoord sommer: "Tafelberg, Juffrou."

Juffrou sê: "Nee, Gatiep, dis verkeerd, maar dis gaaf dat jy so mooi saam dink."

Juffrou vra weer: "Klas, watter rivier is die langste in die wereld?"

Weer bodder Gatiepie nie met hand opsteek nie, en roep uit:
"Die Bergrivier, Juffrou!"

Weer is die Juffrou gedwing om te sê hy is verkeerd, "maar dis gaaf dat jy so mooi saam dink."

Gatiepie is boos vir die juffrou en wil haar terug kry. Skielik staan hy op en druk sy hande in sy broeksakke.

"En nou, Gatiepie?", vra die Juffrou verbaas.

"Juffrou, ek het 'n vraag: Wat is so hard soos hout, het 'n kop en as jy hom trek, bring dit verligting?"

Die Juffrou bloos en sê: "Sies Gatiepie, jy kan mos nie so iets vra nie!"

Gatiepie sê: "Juffrou ek praat van 'n vuurhoutjie, maar dis gaaf dat Juffrou so mooi saam dink!"

Seuntjie en die vellies


Die seuntjie vra die juffrou om te help om sy skoene aan te trek. Sy probeer met 'n gedruk en getrek om die vellies aan die kind se voete te kry.

Teen die tyd wat sy by die tweede vellie kom, breek daar al 'n lagie sweet op haar voorkop uit en begin haar hare al slierte hang soos sy stoei om die vellies aan die kind se voetjies te kry.

Dis toe dat die mannetjie so tussen sy vier afwesige voortandjies sê: "Juffrou, hierie eerthte vellie ith aan die verkeerde voet."

Sy kyk en so wrintiewaar, die vellie ís aan die verkeerde voet. Die uittrek van die vellie aan die verkeerde voet gee nóg 'n gespook af. Die juffrou hou kop en begin maar weer om die vellies aan die régtevoete aan te trek, steeds met een helske gesukkel.

Amper klaar, kondig die mannetjie aan: "Juffrou hierie ith nie my vellieth nie."

Die juffrou ontplof byna, maar hou kop en sê kalm: "Hoekom het jy nie vroëer gepraat nie?"

Die gestoei begin weer om die vellies uit tetrek. Pas is die vellies uit of meneertjie sê weer: "Dith my boetie the vellieth. My ma het gesê ek moet dit vandag dra want myne is weg."

Die juffrou sluk droog, skraap al haar moed bymekaar en begin weer stoei om die vellies aan die voetjies te sit. Uiteindelik is hulle weer aan die mannetjie se voetjies.

Die mannetjie trek aan die juffrou se baadjie en vra verleë: "Juffrou,wat van my kouthe?"

Juffrou skree: "Nou waar is jou kouse??!!"

Die knapie antwoord: "Dith voor in my vellieth!"

Hamburger Buns

Sannie gaan na die polisiestasie en sê: "Meneer, my man was dorp toe om hamburger buns te koop en na twee dae is hy nogsteeds nie terug nie."

Polisiebeampte: "Eish madam, hoekom koop hy dan nie eerder maar hotdog buns nie?"

Die terroris en die petshop

Die mal terroris storm by die petshop in met 'n bom aan sy lyf vasgebind en skree:

"Julle het 30 sekondes om hier uit te kom, voordat ek die plek opblaas!"

Agter in die winkel skree die skilpad: "Jis, jy's 'n poephol!"

Friday, 24 May 2013

Justin Bieber Hijackings


Ek het vanoggend gehoor daar was n hele paar hijackings by die Justin Bieber show gisteraand.

My nefie was ook gehijack, hy het 'n blou en swart BMX gery, so as enige iemand die fiets iewers sien laat weet maar asb.

Koos is 'n stoeier


Ou Koos is Suid-Afrika se top stoeier en kry 'n geveg vir die wêreld titel teen 'n massiewe Rus.

Sommer vroeg in die eerste rondte kry die Rus hom in een verskriklike greep beet. Hy kan niks roer nie, als is vasgevat.

Hy loer so deur skrefies oë en sien 'n balsak hier voor sy gesig hang. Hy kan hom net so met die tong bykom en hy stamp-stamp hom so dat hy begin swaai.

Toe hy nader swaai dat hy hom kan bykom met die tande gee hy hom 'n moerse byt. Ewe skielik dop Koos onder die Rus uit en pen hom vir 'n val.

Koos is wêreld kampioen. Die media sak op hom toe en vra: "Koos hoe het jy dit reg gekry?!!!"

Koos: "Weet jy hoe sterk raak 'n mens as jy jou eie ballas raakbyt!!!"

Thursday, 23 May 2013

Twee mans sit in 'n parkie

Twee mans sit in 'n parkie op 'n bankie.

Na 'n ruk sê een: "Ek sweer daai standbeeld het nou beweeg!"

Ander man kyk so rukkie en antwoord: "Dis nie 'n standbeeld nie, dis 'n munisipale werker!"

Sipho en Thomas...en die Bar Ones


Sipho en Thomas gaan die winkel in. Soos hulle loop steel Sipho 3 Bar One tjoklits.

Buite gekom sê Sipho vi Thomas: "Man ek's die beste skelm ooit! Ek het 3 Bar Ones gesteel en niemand het my gesien nie. Jy kan my nie beat nie, anyway dis myne, jy kan jou eie steel!"

Thomas antwoord: "Wil jy iets beter sien? Kom ons gan terug winkel toe en ek wys jou hoe steel mens eintlik!"

Hulle gaan toe terug; daar gekom sê Thomas vir die eienaar: "Wil jy regte magic sien?"

Die eienaar sê toe ja.

Thomas sê toe: "Gee my 'n Bar one."

Die eienaar gee hom een en hy eet dit. Hy vra vir 'n 2de, en hy eet dit ook. Hy vra vir 'n 3de en hy eet dit ook.

Die eienaar vra: "Nou waar's die magic?"

Thomas antwoord: "Kyk in Sipho se sak!!"

Wednesday, 22 May 2013

Klein Kosie en die Familie Album


Klein Kosie sit en blaai deur die familie album en vra sy ma ewe kwaai: "Mamma, wie is die gespierde man, met die lang krulhare wat saam met mamma op die strand staan?"

Sy ma antwoord: "Dit is jou pa seun!"

Geskok, sê klein Kosie: "My pa, nou wie is die vetpens oom met die bleskop wat nou by ons bly."

Brakpan Begrafnis

Die hele Brakpan woon 'n begrafnis by van 'n bekende prostituut wat skielik gesterf het.

Langs die graf sê die een vrou vir die ander vrou: "Uiteindelik is die twee nou bymekaar..."

Die ander vrou vra: "Was sy dan voorheen getroud gewees?"

"Nee" sê die ander vrou: "Ek praat van haar bene!"