Saturday, 2 July 2011

Gatiep raak liries

Gatiep en Meraai het die aand so 'n bietjie opgesit in die voorhuis toe Gatiep begin liries raak.

"Meraai", sê hy, "Djou oë is soos druiwekorrels, djou neus soos 'n klein piesangtjie, djou lippies is so rooi soos 'n kersie, djou wangetjies lyk soos 'n peach."

Toe sê Meraai: "Gatiep, hei, het djy kom vry, of wil djy fruit salad maak?"

Friday, 1 July 2011

Boer en die brandewyn

Die boer se vrou is knaend dat hy moet ophou brandewyn drink. Raadop vat sy eendag twee glase en maak die een vol brandewyn en die ander een vol water. Sy gaan haal 'n wurm uit die tuin en doop dit eers in die water, maar die wurm leef. Toe doop sy dit in die brandewyn en met die uithaalslag is die wurm vrek.

"Sien jy nou" sê sy "sê dit nie vir jou iets nie?" "Ja" sê die boer, "ek gaan nooit wurms kry nie."