Thursday, 30 June 2011

Gatiep en Meraai in die Outback

Gatiep en Meraai kamp in die Outback en sien een oggend hoe 'n krokodil 'n ander toeris opvreet.

Gatiep sê vir Meraai: "Jirre Meraai'tjie, check nou daai is n regte Laney, hy't 'n genuine Lacosté sleeping bag!"

Wednesday, 29 June 2011

Boer en Viagra

Boer en vrou gaan dorp toe. Hy koop twee viagras. Oppad huis toe hoes die tannie vreeslik.

"Ekskuus ou man", sê sy, "ekt n parra in my keel."

Hy antwoord: "Vrou, sorg jy net dat hy op sy plek sit as ons by die huis kom..."

Tuesday, 28 June 2011

Net In Suid-Afrika

In Holland sê hulle: Goeden nagt.

In Australia: Night mate.

In Amerika: Good Nite.

In Duitsland: Schlafen sie wohl.

In Suid-Afrika: Is die deure gesluit, die vensters toe gemaak, die kar ingetrek an die alarm geaktiveer? Is die rottweilers gebere en veilig? Lekker slaap, moenie worry nie, Eskom sal die ligte afsit!

Paaa! Ek is dors...

Die pa stuur sy klein seuntjie bed toe. Na vyf minute.

Seuntjie: "Paaa!"
Pa: "Wat?"
Seuntjie: "Ek is dors, kan pa vir my water bring?"
Pa: "Nee, jy het jou kans gehad. Ligte af en slaap."
Na vyf minute... Seuntjie: "Pa!"
Pa: "Wat?"
Seuntjie: "Ek is dors. Kan pa vir my water bring?"
Pa: "Ek het gesê nee. As jy weer vra gaan ek jou voetter!"
Vyf minute later: "Paaaa!"
Pa: "Wat nou?"
Seuntjie: "As pa my kom voetter... Sal pa vir my water saambring?"