Monday, 7 November 2011

Die ander man...

Gatiep vang vir Meraai in die bed met 'n ander man en skiet haar dood.

Regter: "Gatiep, hoekom het jy nie die man geskiet nie?"

Gatiep: "Djou Honour, dis beter om die vrou te skiet, as elke dag 'n anner man...."

Massa

Juffrou vra vir Gatiep om sinne te maak met "gewig" en " massa ".

Gatiep se antwoord: My pa sê vir my ma, "Djy moet gewig veloer djou vetgat".

Dan sê my ma, "Djou massa moer!"

Selle ou storie

Die Regter kyk vir Gatiep in die oog en sê: “Dis nou die 6de jaar na mekaar dat jy in my hof in die beskuldigdebank staan. “

''Djou honour,” sê Gatiep, “moenie vir my blame omlat jy nie promotion kan kry nie.”

The one and only

Gatiep word aangekla dat hy vir Meraai 'n BIETS genoem het.

Tydens kruisverhoor sê Gatiep: "Djy't da' boe oppie balcony gastaan, en ek da' onner innie straat."

 

"Ja," sê Meraai.

"Daar was mos baie mense by djou oppie balcony," sê Gatiep.

"Ja," sê Meraai.

"Nou hoe wiet djy dan ek het met djou gapraat?"

"Omlat ek die enigste BIETS daar was," sê Meraai.

Die tou

Gatiep sleep 'n tou die straat af en loop verby Meraai.

 

Meraai sê vir Gatiep: "Hoekom sleep jy die tou?"

Gatiep: "Het djy al 'n tou try stoot?"

Gatiep innie skool

Juffrou vra vir Gatiep: "Jou ma het 4 aartappels, julle is 9 kinders, hoeveel aartappels gaan elkeen kry?"

Gatiep: "My ma's nie stupid nie, sy maak mash!"

Gatiep se Voicemail

“My bra, Gatiep is nie available nie.

Los djou naam en nomma en ek stuur vir djou a "please call me".”

Innie Court

Regter: "Hoe kan jy onskuldig pleit as 5 mense jou sien steel het?"

Gatiep: "Djou Honour, ek kan thousands bring wat my nie gesien steel het nie!"

Friday, 4 November 2011

Wat noem mens?

Wat noem mens ‘n swart Pokemon?

Philamon!

Wat noem mens?

Wat noem mens die fabriek waar VROUENS vervaardig word?

Fatty’s en Moanies!

Saturday, 2 July 2011

Gatiep raak liries

Gatiep en Meraai het die aand so 'n bietjie opgesit in die voorhuis toe Gatiep begin liries raak.

"Meraai", sê hy, "Djou oë is soos druiwekorrels, djou neus soos 'n klein piesangtjie, djou lippies is so rooi soos 'n kersie, djou wangetjies lyk soos 'n peach."

Toe sê Meraai: "Gatiep, hei, het djy kom vry, of wil djy fruit salad maak?"

Friday, 1 July 2011

Boer en die brandewyn

Die boer se vrou is knaend dat hy moet ophou brandewyn drink. Raadop vat sy eendag twee glase en maak die een vol brandewyn en die ander een vol water. Sy gaan haal 'n wurm uit die tuin en doop dit eers in die water, maar die wurm leef. Toe doop sy dit in die brandewyn en met die uithaalslag is die wurm vrek.

"Sien jy nou" sê sy "sê dit nie vir jou iets nie?" "Ja" sê die boer, "ek gaan nooit wurms kry nie."

Thursday, 30 June 2011

Gatiep en Meraai in die Outback

Gatiep en Meraai kamp in die Outback en sien een oggend hoe 'n krokodil 'n ander toeris opvreet.

Gatiep sê vir Meraai: "Jirre Meraai'tjie, check nou daai is n regte Laney, hy't 'n genuine Lacosté sleeping bag!"

Wednesday, 29 June 2011

Boer en Viagra

Boer en vrou gaan dorp toe. Hy koop twee viagras. Oppad huis toe hoes die tannie vreeslik.

"Ekskuus ou man", sê sy, "ekt n parra in my keel."

Hy antwoord: "Vrou, sorg jy net dat hy op sy plek sit as ons by die huis kom..."

Tuesday, 28 June 2011

Net In Suid-Afrika

In Holland sê hulle: Goeden nagt.

In Australia: Night mate.

In Amerika: Good Nite.

In Duitsland: Schlafen sie wohl.

In Suid-Afrika: Is die deure gesluit, die vensters toe gemaak, die kar ingetrek an die alarm geaktiveer? Is die rottweilers gebere en veilig? Lekker slaap, moenie worry nie, Eskom sal die ligte afsit!

Paaa! Ek is dors...

Die pa stuur sy klein seuntjie bed toe. Na vyf minute.

Seuntjie: "Paaa!"
Pa: "Wat?"
Seuntjie: "Ek is dors, kan pa vir my water bring?"
Pa: "Nee, jy het jou kans gehad. Ligte af en slaap."
Na vyf minute... Seuntjie: "Pa!"
Pa: "Wat?"
Seuntjie: "Ek is dors. Kan pa vir my water bring?"
Pa: "Ek het gesê nee. As jy weer vra gaan ek jou voetter!"
Vyf minute later: "Paaaa!"
Pa: "Wat nou?"
Seuntjie: "As pa my kom voetter... Sal pa vir my water saambring?"

Sunday, 29 May 2011

Ou Oom

Klein seuntjie en ou oom sit in dokter se spreekkamer en wag hul beurt af.

Seuntjie (wat vreeslik hakkel): "o oo o oom, w w wwat m m mmaak oom h h hhier?"

Oom antwoord geirreteerd: "want ek pis soos jy praat"!

Wat Kry Jy?

Wat kry jy as 'n Blou Bul met 'n pyp slaan?

Lekker