Thursday, 13 August 2015

Wednesday, 12 August 2015

Your Highness

Koos is met vakansie in Londen en loop toevallig in die koningin se geselskap vas.

Die koningin is in ’n goeie bui en besluit om ’n paar woorde te wissel met die vreemde Suid-Afrikaanse man. Deur die hele gesprek deur spreek Koos haar aan as “Queen”, tot sy dit later nie meer kan hou nie.

Sy wys Koos daarop dat hy haar nie as “Queen” moet aanspreek nie, maar as “Your Highness”.

“My magtig!” sê Koos. “Wil jy nou meer, my neef se naam is ook Johannes.”

Minister


Thursday, 25 June 2015

Kollekteer

Jan van der Merwe: “Wie’s by die voordeur?”

Jan se vrou: “Iemand wat vir die ouetehuis kollekteer.”

Jan: “Gee jou ma vir hulle.”

Stormers het hard probeer


Sunday, 14 June 2015

Krap lekker

Pietie ry saam sy ma in die kar en krap 'n lekker stukkie snot uit sy neus. Sy ma sien die storie en vra heel ontstoke vir Pietie: "Nou wat gaan jy nou met dit doen?"

Pietie antwoord toe: "Ek weet nie ma! Julle het mos gesê ons mag nie in die kar eet nie."

Brakpan duiker


Thursday, 4 June 2015

Vereistes

'n Hoogs bedonnerde man is ontevrede met sy vrou en stuur 'n SMS aan sy skoonma: "Jou produk voldoen nie aan my vereistes nie."

Slim skoonma stuur SMS terug: "Waarborg verval, vervaardiger nie verantwoordelik nadat seël gebreek is nie!"

Sunday, 17 May 2015

Abracadabra

Koos se meisie werk al vir 'n paar jaar as 'n kulkunstenaar se assistent. Sy het al 'n hele paar goeie tricks geleer.

Koos kom een middag vroeg huis toe en kry sy meisie in 'n mooi sexy kulkunstenaars outfit. Met dié sê sy meisie: "Abracadabra!" en Koos se beste pêl Piet, kom poedel-nakend by die hangkas uitgestap...

...Arme Piet, hy moes seker gewonder het wat de donner gaan nou aan.